Nie een Protea onder top-10 kolwers, boulers

Quinton de Kock. Foto: Cricinfo.

Net voor die aanvang van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland het Faf du Plessis gesê die Protea-ringkoppe verwag nie Superman-agtige vertonings van die spelers nie.

Die elftal moet eerder hul krieket geniet en net die “basics” goed doen.

Daardie plan het egter by die venster uitgewaai toe die Suid-Afrikaners drie agtereenvolgende wedstryde verloor het, terwyl die reën waarskynlik gesorg het dat hulle ook nie harde bene teen die Wes-Indiërs op Southampton gekou het nie.

Nou lê Afghanistan die naweek en wag vir ’n watertand-kragmeting: Die swakste span teen die tweede swakste span.

Die Proteas is die enigste toetsspelende land wat nog nie met Rashid Khan, Mohammad Nabi en Kie kennis gemaak het nie.

Statistieke is normaalweg ’n duidelike aanduiding van hoe goed ’n krieketspan vaar. Hoe meer spelers onder die top-10 kolwers en boulers, hoe beter presteer die span as ’n eenheid.

Tans het die Proteas nie ’n enkele speler onder die top-10 nie.

  • Top-10 kolwers:
  1. Shakib Al Hasan (Bangladesj): drie wedstryde, 260 lopies, gemiddeld van 86.66
  2. David Warner (Australië): vier wedstryde, 255 lopies, gemiddeld van 85
  3. Jason Roy (Engeland): drie wedstryde, 215 lopies, gemiddeld van 71.11
  4. Aaron Finch (Australië): vier wedstryde, 190 lopies, gemiddeld van 47.5
  5. Jos Buttler (Engeland): drie wedstryde, 185 lopies, gemiddeld van 61.66
  6. Rohit Sharma (Indië): twee wedstryde, 179 lopies, gemiddeld van 179
  7. Joe Root (Engeland): drie wedstryde, 179 lopies, gemiddeld van 59.66
  8. Steve Smith (Australië): vier wedstryde, 170 lopies, gemiddeld van 42.50
  9. Mohammad Hafees (Pakistan): drie wedstryde, 146 lopies, gemiddeld van 48.66
  10. Mushfiqur Rahim (Bangladesj): drie wedstryde, 141 lopies, gemiddeld van 41

    15. Quinton de Kock (Suid-Afrika): vier wedstryde, 118 lopies, gemiddeld van 39.33

  • Top-10 boulers:
  1. Mohammad Amir (Pakistan): drie wedstryde, 10 paaltjies, gemiddeld van 12.30
  2. Pat Cummins (Australië): vier wedstryde, nege paaltjies, gemiddeld van 18.77
  3. Mitchel Starc (Australië): vier wedstryde, nege paaltjies, gemiddeld van 21.55
  4. Lochie Ferguson (Nieu-Seeland): drie wedstryde, agt paaltjies, gemiddeld van 12.37
  5. Mat Henry (Nieu-Seeland): drie wedstryde, sewe paaltjies, gemiddeld van 18.00
  6. James Neesham (Nieu-Seeland): drie wedstryde, ses paaltjies, gemiddeld van 12.6
  7. Oshane Thomas (Wes-Indië): drie wedstryde, ses paaltjies, gemiddeld van 15.16
  8. Yuzvendra Chahal (Indië): twee wedstryde, ses paaltjies, gemiddeld van 18.83
  9. Jofra Archer (Engeland): drie wedstryde, ses paaltjies, gemiddeld van 22.50
  10. Mohammad Saifuddin (Bangladesj): drie wedstryde, ses paaltjies, gemiddeld van 29.33

    23. Andile Phehlukwayo (Suid-Afrika): vier wedstryde, vier paaltjies, gemiddeld van 34.00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Met uitsorake soos die van Bolwang Du Plessis en Ottis weet ek nie wat maak die span nog daar niecwant duidelik stel hulle nie eens belang wen nie.

Frank ·

Kom ons gebruik maar die verskoning dat hulle sat na die IPL is. Hoor ook nerens iets van ‘n kopdokter nie?

Valerie ·

As hulle ‘n “kopdokter” gehad het was hulle heel laaste op die puntelys of dalk nie eers by die toernooi nie. Wat hulle nodig het is talent, nie kop nonsens nie.

Ai. ·

Nou waar is ou kolla nou? Die swak prestasies is maar net n simptoom en n refleksie van huidige stand van standaarde in Suid Afrika.. Ou kollatjie seker maar so stil want hy ken mos van die standaarde waar alles in Suid Afrika so verval het dat dit n grap is…siestog..Net jammer die patetiese standaarde van die spelers wat goed betaal word is nie net beperk tot krieket nie maar op toepassing van alles in Suid Afrika…Maar sekere mense gee mos nie om as alles om hulle verval en vrot nie, inteendeel hul hou daarvan en sal enige verskoningtjies opdis om jou anders te wil laat glo….Wat n sirkus het Suid Afrika nie geword nie sjoe…

Kol ·

Nie eers n kopdokter gaan hulle kan help nie. Hulle WAS so goed…. treurig.

Snuffels ·

Top punt van optimismies wees? n Protea kolwer wat sunscreen aansit…

Afrikaan ·

Ek hou nie daarvan om ons spanne af te kraak nie, maar hierdie moet die swakste SA krieketspan ooit wees. En met ‘n kaptein wat kougom kou tydens die sing van die volkslied en hande-in-sy-sakke tv onderhoude doen, is dit geen wonder nie. Hy inspireer of beindruk glad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.