Nóg ʼn toekenning vir Savea

Ardie Savea het nóg ’n toekenning opgeraap. (Foto: Anne-Christine Poujoulat/AF)

Agtsteman Ardie Savea is as Nieu-Seeland se beste rugbyspeler van die jaar aangewys. Die toekenning volg kort op die hakke van sy Wêreldrugby-prestasie.

Die 30-jarige losvoorspeler is ná die Wêreldbeker-eindstryd – wat die All Blacks met 12–11 teen die Springbokke verloor het – as die internasionale rugbybeheerliggaam se beste speler benoem.

Hy het onder meer Suid-Afrika se Eben Etzebeth en Frankryk se Antoine Dupont vir die silwerware uitgestof.

Sy jongste toekenning span die kroon op ʼn goeie jaar waarin hy die All Blacks gehelp het om die Rugbykampioenskap te beklink en na die finale wedstryd van die Wêreldbeker-skouspel deur te dring.

Savea het sy internasionale buiging vir die All Blacks in 2016 gemaak toe hy as plaasvervanger Sam Cane se skoene teen Wallis op Edenpark volgestaan het.

Die Kiwi’s het dié kragmeting met 39–21 gewen en die Wellington-boorling het sedertdien die Nieu-Seelanders in 81 toetse verteenwoordig en 24 drieë gedruk.

Hy was ook die All Blacks-kaptein in die 100ste toets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika in Townsville.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.