Nortjé uit Wêreldbeker

Anrich Nortje sal die Wêreldbeker misloop. Foto: Cricinfo.

Die talentvolle snelbouler van die Warriors, Anrich Nortjé, sal die Wêreldbekertoernooi later vandeesmaand in Engeland misloop.

Die 25-jarige het voldoende van ’n enkel- en skouerbeserings herstel, maar het ’n duimfraktuur tydens ’n netoefensessie opgedoen. Hy kan vir tot agt weke op die kantlyn wees.

Chris Morris sal in sy plek Engeland toe gaan. Die 32-jarige veelsydige speler van die Titans speel tans vir die Delhi Capitals en het tot dusver 13 paaltjies in sy nege wedstryde geneem.

Volgens Linda Zondi, nasionale keurbaas, was Morris nog altyd deel van die Proteas se planne en is hy die volgende beste opsie met die bal.

“Hy het spoed en hy kan goed in die laaste paar beurte van ’n kolfbeurt vertoon. Hy gee ons ook ’n ekstra aanvallende opsie met die kolf,” het Zondi gesê.

Die Proteas se eerste wedstryd is op 30 Mei teen die gasheerland.

Proteas: Faf du Plessis (kaptein), JP Duminy, David Miller, Dale Steyn, Andile Phehlukwayo, Imran Tahir, Kagiso Rabada, Dwaine Pretorius, Quinton de Kock, Chris Morris, Lungi Ngidi, Aiden Markram, Rassie van der Dussen, Hashim Amla en Tabraiz Shamis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Jammer vir Anrich, maar terselfdertyd bly vir Chris, glo hy sal goeie bydrae lewer en hy bring goeie ondervinding.

Ai.. ·

Ek hoop Amla kan sy kolf vind voor die wereldbeker begin…Ek bevraagteken nie sy talent nie maar eerder sy vorm..

En nou? ·

Die laaste paar jaar dink Amla hy het ‘n gholfstok in sy hand eerder as ‘n kolf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.