Onervare Pretorius skitter vir Proteas in eendagstryd

Dwaine Pretorius (Foto skysports.com)

Dwaine Pretorius (Foto skysports.com)

Dwaine Pretorius was een van die Proteas se uitblinkers in Woensdag se tweede eendagwedstryd in Christchurch teen Nieu-Seeland.

Die veelsydige Pretorius het eers met sy bestendige boulwerk indruk gemaak en toe ʼn vinnige vyftigtal in slegs sy sesde internatioinale wedstryd geslaan.

Sy 50 lopies van net 27 balle was egter nie goed genoeg om die Proteas hulle 13de opeenvolgende eendagsege oorwinning vir ʼn nuwe SA rekord te besorg nie.

Hulle het na nóg ʼn effens teleurstellende kolfvertoning met ses lopies verloor toe hulle net 283/8 kon aanteken in die jaagtog om die Kiwi’s se 289/4 verby te steek.

Pretorius se 50 lopies het vier viere en twee sesse ingesluit. Hy was die enigste van die Proteas se kolwers wat teen meer as ʼn lopie per bal gekolf het.

Andile Phehlukwayo het hom goed bygestaan en 29 nun aangeteken. Hulle het, toe sake heeltemal verlore vir die Proteas gelyk het, die telling van 214/8 tot 283/8 geneem en 69 lopies in net 50 balle geslaan.

Pretorius, verreweg die mees ekonomiese bouler van die Proteas. het in sy 10 boulbeurte boonop net 40 lopies afgestaan en twee paaltjies geneem. Phehlukwayo was effens duur in sy nege boulbeurte geboul maar het twee vangkanse benut toe Suid-Afrika veldwerk gedoen het.

Ebrahim Tahir, wat die Swart Pette verlede week in die T20-wedstryd met sy vyf paaltjies geskud het, het in die eerste eendagwedstryd Sondag nie ʼn paaltjie neem nie en Woensdag net een, en Sondag se boulheld, Chris Morrris kon geen paaltjie neem nie.

Ross Taylor het ʼn waardevolle honderdtal vir Nieu-Seeland geslaan. Sy 102 lopies het agt viere in 110 balle ingesluit. Hy het nou 17 honderdtalle in eendagwedstryde aangeteken, die meeste deur ʼn Nieu-Seelander.

Kane Williamson (69) en die paaltjiewagter James Neesham (71 nun, 57 balle) het ook goeie bydraes gelewer.

Benewens Pretorius se vyftigtal, het net Quinton de Kock ook ʼn vyftigtal (57 in 65 balle) geslaan.

Amla (10) en Faf du Plessis (11) is gou uitgehaal, en AB de Villiers (45), JP Duminy (34) en David Miller (28) was almal goed ingegrawe maar kon nie werklik die tempo verhoog of met ʼn groot beurt minder druk op die laer kolwers met ʼn groot beurt plaas nie.

Morris is vir sewe uitgehardloop en Wayne Parnell het net twee balle voor die paaltjies deurgebring.

Die derde eendagwedstryd in die reeks van vyf word Saterdag (03:00) in Wellington gespeel.

Klik hier vir die volledige telkaart:  http://www.espncricinfo.com/new-zealand-v-south-africa-2016-17/engine/match/1020033.html

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ampie ·

Die ou op die foto lyk vrek baie na Chris Morris…en die Ebrahim Tahir outjie is dalk Imran Tahir?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.