Ons leef in ʼn droom(krieket)wêreld as ons dink ons kan wen!

Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Ons nasionale rugbyspan het in die afgelope paar jaar baie vinnig op die wêreldranglys gesak. Ja, selfs so laag as tot in die sewende plek. Is dit die paadjie wat ons eendag-krieketspan ook nou najaag?

Loer jy na die statistieke en uitslae van die Proteas se eendagspan raak jy yskoud! Onlangs was ons nog die voorste span op die wêreldranglys, maar helaas, die tuimelslag het begin.

Ons loop reeds met 4-1 agter in die reeks teen Indië. Kaptein Virat Kohli het gesê hulle wil dit nou 5-1 maak en die uitklophou op SuperSport-park plant tydens die sesde eendagwedstryd.

Die Proteas se swak vertoning en wisselvalligheid is duidelik te sien in die afgelope vyf eendagwedstryde se uitslae. Indië se saamgestelde oorwinnings beteken hulle wen met 197 lopies en 15 paaltjies in vier wedstryde. Dit is teenoor Suid-Afrika se skamele een oorwinning met 5 paaltjies. Die gemiddelde oorwinning vir Indië is met ander woorde 98.5 lopies of 7.5 paaltjies per wedstryd teenoor Suid-Afrika se enkele oorwinning van 5 paaltjies (D/L-metode). Dis dalk nie ʼn normale wyse om krieketuitslae te bereken nie. Dit skets egter ʼn duidelike prentjie van die oormag van Indië aan die een kant, maar ook ons papbroekige vertonings aan die ander kant.

Beserings en kondisionering bly een van die brandpunte wat keer op keer uitspring as probleemterreine. Die aspek plaas egter ook die fokus op ons diepte, wat daar nie is nie. Name van plaasvervangers, van wie ons nog nooit eens gehoor het nie, verskyn skielik op die nasionale span se spanlys. Dít op sy beurt wys ook hoe min die blootstelling en fokus op provinsiale spanne is.

Daar is seker nog talle redes vir die swak prestasies op die veld. Ons gaan egter nie oplossings kry voor die sesde eendagwedstryd in Centurion nie. Die wedstryd begin Vrydag om 13:00 op SuperSport-park waar daar donderbuie voorspel word.

Kyk na die wedstryd-oorsig en meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard ·

Pieter,
Moenie bekommerd wees nie, ons bou nou n’ span vir volgende jaar se wereldbeker

boerseun ·

Wil nou nie lelik wees nie. Maar kom agter dat top spelers nie baie lus lyk om vir proteas te speel nie. GELD!!! As hul vir ipl spanne speel ,skitter hulle. Ek belowe jou n speler sal met n seer vinger die hele ipl reeks speel , maar vir sy land, neewat daar word liewers n ronde gholf gespeel terwyl hy moet herstel. Volgens my het die ipl 20 reeks meer sleg as goed gedoen.

Hewitt ·

Erick, wie is die kwotas waarvan jy hier praat? As ons kyk na sommige spelers se laaste paar wedstryde, dan reken ek De Kock, Faf en AB is ons beste kwotas in die span. Hoe bepaal jy wie en wat ‘n kwota is? ‘n Kwota is mos iemand wat in die span is, omdat hy daar moet wees, en nie omdat hy die beste is in sy posisie nie, reg? Wel, nie een van hierdie drie was die laaste ruk die beste nie, maar tog word hulle aanhoudend in die span ingesluit. Die sogenaamde “kwotas” waarna jy verwys, het die laaste ruk baie meer beteken vir die Proteas, as die “nie-kwotas” in die span!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.