Oud-Matie Marais Erasmus staan in eerste Asse-toets

Marais Erasmus – staan in die eerste Asse-toets (Foto: Youtube)

Suid-Afrika se Marais Erasmus, verlede jaar se wêreld-skeidsregter van die jaar, oftewel die wêreld se beste, is een van die skeidsregters in aanstaande week se eerste Asse-toets tussen Australië en Engeland.

Die toets begin aanstaande Donderdag, 23 November.

Die oud-Matie, wat die Boland as veelsydige speler aangevoer het, het sy internasionale buiging as skeidsregter in 2006 in ʼn T20-wedstryd gemaak. Sedertdien het hy sedert 2010 in 45 toets gestaan, en was hy ook ʼn skeidsregter in 74 eendaagse en in 26 internasionale T20-wedstryde.

Erasmus se mede-skeidsregter in die eerste toets aanstaande week in Brisbane, Aleem Dar, sal soos die Suid-Afrikaner in twee Asse-toetse optree. Dar staan weer in  die tweede toets in Adelaide, terwyl Erasmus en Nieu-Seeland se Chris Gaffanet in die derde toets in Perth die skeidsregters is.

Sri Lanka se Kumar Dharmasena is, soos Erasmus en Dar, ook vir twee toetse aangewys, met Sundaram Ravi wat in Melbourne in die vierde toets sy skeidsregtermaat sal wees en Joel Davis van Wes-Indië wat saam met hom in Sydney in die vyfde toets optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.