Oudspeler bevraagteken Warner se sportmangees

David Warner is weer goed op dreef vir Australië. Foto: Twitter.

Australië het gisteraand vir die eindstryd van die T20-Wêreldbeker gekwalifiseer nadat Matthew Wade ’n rits sesse laat in die wedstryd teen Pakistan gemoker het.

Die veglustige paaltjiewagter het uiteindelik 41 van slegs 17 balle gemoker om saam met Marcus Stoins (40 van 31 balle) en David Warner (49 van 30 balle) toe te sien dat die Aussies die kragmeting met vyf paaltjies beklink het.

Warner is weer goed op dreef nadat hy in die afgelope Indiese Premierliga én in die begin van die Wêreldbeker-toernooi met die wilgerlat gesukkel het.

Hy het ses grenshoue in gisteraand se warrelwindbeurt gemoker. Maar dit is veral een van sy sesse wat sommige krieketliefhebbers laat kopkrap.

Een van Mohammad Hafeez se aflewerings het uit sy hand geglip en die bal het twee keer gebons. Natuurlik het Warner nie ’n tweede uitnodiging benodig nie en hy het die bal oor die bykantgrens laat seil.

Gautam Gambhir, die voormalige Indiese openingskolwer, was egter nie baie in sy noppies met Warner se sesslaanvermoë nie en hy het die Australiër se sportmangees op sosiale media bevraagteken.

Maar om eerlik te wees, is daar ’n kolwer in wêreldkrieket wat nie sal probeer om só ’n aflewering vir ’n ses te slaan nie?

Warner is later met sy telling op 49 agter die paaltjies uitgevang. Hoewel hy dadelik die pad terug na die kleedkamer aangepak het, het kykweersessies op die grootskerm gewys dat die buiterand van sy kolf nie naby die bal was nie.

Die 35-jarige openingskolwer was destyds een van die skuldiges in die skuurpapier-skandaal tydens ’n toetsreeks teen die Proteas in Suid-Afrika.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

piet ·

So wat moes hy gedoen het, dit was ‘n wettige aflewering? As hy nie ‘n 6 geslaan het nie was hy eintlik die verloorder want dit sou getel gewees het as ‘n geldige aflewering (wel miskien ‘n wydloper as hy dit gelos het maar wie se hy sou weer ‘n kans kry om ‘n 6 te slaan met die ekstra bal)? Dis nou maar jammer vir die bouler maar in hierdie geval dink ek nie dit het iets met sportmangees te doen nie, hy het net die meeste lopies probeer aanteken van ‘n wettige aflewering.. Dalk moet hulle die reels verander dat dit ‘n “dooie” aflewering is as dit 2 -keer hop dan moet die bouler dit oorboul. Die bouler kry in elk geval ook pakslae as hy byvoorbeeld ‘n foutbal boul.

Christian ·

Enige bal wat 2 keer hop voor dit die “popping crease” bereik is ‘n no-ball. In krieket terme is dit dan ‘n “nie wettige aflewering”. Maar natuurlik kan die kolwer vout balle (No balls) slaan nes hy wil soos in die geval.

piet ·

Ek dink jy’s verkeerd, mag nie meer as 2-keer hop nie (of rol nie) anders is dit nie ‘n wettige aflewering nie (a dead ball) en moet dit oorgeboul word. In laasgenoemde situasie kan die kolwer dan ook nie lopies aanteken nie. ‘n Kolwer kan van ‘n no ball af natuurlik lopies aanteken en dis ‘n ekstra bal. Verskil tussen ‘n “dead ball” en “no ball” dus.

Dewald ·

Christian is reg, ‘n vinnige Google van Reel 21 beaam dit –

21.7 Ball bouncing more than once, rolling along the ground or pitching off the pitch

The umpire shall call and signal No ball if a ball which he/she considers to have been delivered, without having previously touched bat or person of the striker,

– bounces more than once or rolls along the ground before it reaches the popping crease

or

– pitches wholly or partially off the pitch as defined in Law 6.1 (Area of pitch) before it reaches the line of the striker’s wicket. When a non-turf pitch is being used, this will apply to any ball that wholly or partially pitches off the artificial surface.

21.14 Ball not dead

The ball does not become dead on the call of No ball.

1.16 Runs resulting from a No ball – how scored

Any runs completed by the batters or any boundary allowance shall be credited to the striker if the ball has been struck by the bat;

piet ·

Ja, jy’s reg. Mag net 1-keer hop TUSSEN kolfkampies anders is dit ‘n no ball (nie ‘n dead ball nie). Mag 2-keer hop as die tweede hop op die streep van die kolfkampie (popping crease) of na die popping crease is (dan is dit nie ‘n no ball nie). Hierdie bal van Warner het 2-keer gehop so was ‘n no ball en nie ‘n dead ball soos ek gedink het nie (is dit geroep?). Hoe dit ookal sy hy kon dit slaan omdat jy lopies van ‘n no ball kan aanteken.

Dewald ·

Ek dink “Sandpaper-gate” het ons geleer dat David Warner nie veel weet van, of omgee vir sportmangees nie.

Jan ·

Niks fout met Warner se optrede nie. Die ou spreekwoord geld; “Hit the rubbish”

N ·

Tenminste is hy nie n ‘puppet’ wat op sy knieg sak en ‘choke’ nie. Hy speel met passie en kry sy span in die finaal ongeag van sy vorige voute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.