Pakistan kom April na Suid-Afrika

Pakistan se Babar Azam en die Proteas se Heinrich Klaasen. Foto: Arif Ali/AFP.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het bevestig dat Pakistan vir ’n T20- en eendagreeks na Suid-Afrika sal toer. Die wedstryde sal tussen 2 en 16 April in Johannesburg en Pretoria gespeel word.

Die toer sou aanvanklik uit slegs drie T20-kragmetings bestaan het, maar omdat die T20-wêreldbeker vanjaar in Indië beslis word en omdat Suid-Afrika in min tuiskragmetings in aksie was, het KSA gevra dat ’n vierde mik-en-mokerwedstryd gespeel moet word.

“Ons is dankbaar jeens die Pakistanse krieketraad (PCB) wat op kort kennisgewing ingestem het om hul tyd in Suid-Afrika te verleng,” Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket, gesê.

Een van die gewilde pienk eendagwedstryde – waartydens geld vir borskanker-behandeling ingesamel word – sal op die Wanderers gespeel word.

“Pakistan is ’n gevaarlike witbalkrieketspan en hulle sal taai teenstand op die Hoëveld bied.”

Die Proteas sal egter sonder enige teenstand in Maart wees nadat Australië besluit het om nie na die land te toer nie.

Smith was teleurgestel met die Aussies se besluit en KSA het intussen aan die Internasionale Krieketraad geskryf om sy misnoeë met Australië se besluit uit te spreek.

Daarteenoor word die krieketverhouding tussen KSA en die PCB net sterker.

“Ons is dankbaar om ons mede-lidlande in hierdie stryd om krieketoorlewing by te staan. Ons het ’n gesamentlike verantwoordelikheid om na die spel én na die ander IKR-lidlande om te sien,” Zakir Khan, Pakistan-krieketbaas, gesê.

  • Bepalings:

2 April: Eerste eendagwedstryd op SuperSportpark

4 April: Tweede eendagwedstryd op die Wanderers

7 April: Derde eendag wedstryd op SuperSportpark

10 April: Eerste T20-wedstryd op die Wanderers

12 April: Tweede T20-wedstryd op die Wanderers

14 April: Derde T20-wedstryd op SuperSportpark

16 April: Vierde T20-wedstryd op SuperSportpark

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.