Philander skitter, Proteas beklink reeks teen Aussies

Suid-Afrika se Vernon Philander tydens die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië op die Wanderers in Johannesburg (3 April 2018). Foto: Reuters/Siphiwe Sibeko

Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië het vroeg op dag vyf op die Wanderers in Johannesburg in ʼn reuseoorwinning vir die Proteas geëindig.

Australië het ʼn massiewe teiken van 612 lopies gejaag en het die dag op 88/3 begin. Suid-Afrika het hulle egter vir net 119 lopies uitgeboul en ʼn reuseoorwinning van 492 lopies behaal (die grootste sedert 1934). Dit was Suid-Afrika se eerste reeksoorwinning oor Australië sedert 1970 en hulle wen die reeks gemaklik met 3-1.

Vernon Philander was die speler van die wedstryd en het amok gemaak met 6 paaltjies vir slegs 21 lopies. Met die boulvertoning het Philander ook die 200 paaltjie-merk verbygesteek. Kagiso Rabada is as speler van die reeks aangewys. Morné Morkel het ook sy loopbaan vir Suid-Afrika afgesluit met sy laaste wedstryd waarin hy gespeel het.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.