Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië het vroeg op dag vyf op die Wanderers in Johannesburg in ʼn reuseoorwinning vir die Proteas geëindig.
Australië het ʼn massiewe teiken van 612 lopies gejaag en het die dag op 88/3 begin. Suid-Afrika het hulle egter vir net 119 lopies uitgeboul en ʼn reuseoorwinning van 492 lopies behaal (die grootste sedert 1934). Dit was Suid-Afrika se eerste reeksoorwinning oor Australië sedert 1970 en hulle wen die reeks gemaklik met 3-1.
Vernon Philander was die speler van die wedstryd en het amok gemaak met 6 paaltjies vir slegs 21 lopies. Met die boulvertoning het Philander ook die 200 paaltjie-merk verbygesteek. Kagiso Rabada is as speler van die reeks aangewys. Morné Morkel het ook sy loopbaan vir Suid-Afrika afgesluit met sy laaste wedstryd waarin hy gespeel het.
Klik hier vir meer inligting.
Skeld die Aussie balpeuteraars vry
Welgedaan
Die bra is goed, baie goed.