Pietersen wil hê Boucher moet Protea-leisels vasvat

Mark Boucher. Foto: Facebook.

Kevin Pietersen is berug vir sy aggressiewe kolfstyl, talent en omstredenheid. Soms is daar kere waar die wag voor sy mond met verlof is, maar wanneer KP praat, kan jy eintlik luister.

Dié Engelse ster het op Twitter geskryf dat Mark Boucher die beste kandidaat is om die Protea-leisels vas te vat. Sy twiet kom ná Ottis Gibson en sy afrigterspan se kontrakte nie deur Krieket Suid-Afrika hernieu is nie.

“Daar is net een persoon wat Suid-Afrikaanse krieket kan omkeer. En dit is Mark Boucher,” het Pietersen getwiet.

Boucher is die voorste toetspaaltjiewagter in wêreldkrieket en het 147 toetse vir Suid-Afrika gespeel voor ’n fratsbesering in 2012 sy speeldae kortgeknip het.

Die bybreekbouler, Imran Tahir, het destyds ’n kolwer van Somerset skoongeboul gedurende ’n opwarmingswedstryd. Die dwarsbalkies het opgeskiet en Boucher in die oog getref.

Sedertdien is die 42-jarige aan die stuur van die Titans in Suid-Afrika se plaaslike ligas en het hy al vyf trofees – twee keer die eendag- en T20-reekse en een keer die vierdagreeks – saam met die span verower.

“Hy het die silwerware, hy word oral in die wêreld gerespekteer en hy is ’n wonderlike mens,” het Pietersen geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

J ·

Ek stem 100% saam met KP, Boucher moet volgende afrigter wees. Jammer meerderheid van ons ou spelers wil nie bertrokke raak soos die Aussies nie.

Poot ·

Ek stem ook saam. Maar moet asb nie so met Boucher mors nie. Daai posisie is ‘n politieke speelbal.

LOL ·

Die bestuur van Krieket SA hou nie van sterk persoonlikhede nie en ek sal verbaas wees as Mark Boucher aangestel word. Hulle soek “puppets” wat hulle kan beheer. Onthou wat het met Ray Jennings gebeur toe hy dissipline wou toepas? Verwag ‘n “kadre” aanstelling.

Valerie ·

Ai tog; SA is nog steeds suur omdat Pietersen so ‘n uitmuntende loopbaan vir homself gemaak het nadat SA hom nie wou hê nie. En steeds het SA se krieket grapjasse niks geleer nie. Ek sou beslis na sy raad luister; hy was immers lank nommer een met die kolf en ken krieket en vir Boucher.

Vonnie ·

Sjoe. KP toe nie so dom soos ek gedink het nie. Sal groot verlies wees vir Titans. Mark is beslis die regte keuse.

Nico ·

Mark is tabs waarskynlik die beste wat daar is, maar onthou net die algehele gehalte van plaaslike krieket is maar bedenklik. Titans en Loins het nie werklike kompetisie nie. Gee hom egter ‘n kans op die groot verhoog.

Boesman ·

Kevin, jy slaan die spyker op die kop met iemand soos Boucher as hoofafrigter. Neil McKenzie kan nader geroep word as kolf afrigter en dalk iemand soos Boje en Shaun Pollock al boul afrigters.

Valerie ·

McKenzie het te veel bygelowe en dingetjies wat hy doen voor die eerste bal geboul word. Dit sal 30 jaar neem om die top drie af te rig en touwys te maak. Net ‘b grap; ‘n goeie roep. Amper soos Steve Smith van die Aussies wat so vroetel. Net voor ek aan die slaap raak, word daar darem na hom geboul en hy is darem iets vir die oog ook. Gelukkig.

Karl ·

@Valerie, jy weet duidelik nie dat hy Bangladesh se batting coach is nie ne.

Joke! ·

Toe em gister al die name lees van die Protea krieket span wie gefire gaan word lag ek myself amper pap! Dit was toe vir my baie baie baie duidelik hoekom alles so vrot verloop het in die WB vir die Proteas! Al daai name van afrigters en hulp afrigters was byna n klomp kwotas en BEE gevalle.. Ek verstaan toe skielik…Nou wil hulle die lot na die WB in die pad steek nadat dit soos verwagte erg gebackfire het ! Nee man hou by julle gemors keuses van onbevoegde kwota afrigters dat die Proteas nog harder opgeneek kan word in die toekoms want dit wys presies hoe onbevoeg die agtergeblewenes in top posies is!

kolla ·

Gary Kirsten of Boucher. Beide ernstige en passievolle afrigters.

Karl ·

Kirsten sal nooit weer die Proteas afrig nie. Ek hoop Boucher!

aj ·

Kwota bestuur!

Kwota administrasie!

Kwota span!

Kwota resultate!

MISLUKKING, SKANDE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.