Protea-kolwers wéér deurmekaar gedraai

Maheesh Theekshana het gister vier paaltjies geneem. Foto: Ishara S. Kodikara/AFP.

Ai tog.

Vir die soveelste keer kon die Protea-kolwers nie die mas teen draaiboulwerk opkom nie. Die Suid-Afrikaners is gister in 30 boulbeurte vir slegs 125 lopies deur Sri Lanka se draaiers uitgeknikker.

Sodoende het die eilandmanne nie net die derde eendagwedstryd met 78 lopies gewen nie, maar ook die reeks met 2-1 beklink.

“Dit is baie frustrerend, want omtrent al die toporde-kolwers het in een van die vorige twee wedstryde ’n goeie beurt gespeel; ’n mens sou verwag dat hulle spelpeil-gewys op dreef is,” het Mark Boucher (afrigter) gesê.

Maar om vyf paaltjies binne 11 boulbeurte te verloor is net nie goed genoeg nie.

“As so iets gebeur, gaan jy altyd op die agtervoet wees. Dit was maklik om by die verlangde lopietempo te bly; ons het doodeenvoudig net te veel paaltjies verloor.”

Tog meen Boucher dat die eerste wedstryd ’n deurslaggewende rol in die reeks gespeel het.

Die Proteas was toe goed op koers om die wedstryd vir die Proteas te wen, maar hulle het net later in die beurt stoom verloor.

“As jy na alles terugkyk, het ons in die eerste wedstryd ’n gulde geleentheid om die reeks te wen deur ons vingers laat glip. Om ’n reeks in Asië te wen moet jy elke geleentheid ordentlik benut.”

Die span vir die komende T20-Wêreldbeker word môre om 12:00 bekend gemaak en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Baie ondersteuners sal verbaas wees as die Proteas ver in die toernooi sou vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

Die mees onder gemiddelde span in die geskiedenis van Suid Afrikaanse krieket met soveel politieke bagasie op die rug dat hulle nou gereeld die knie moet buig

N ·

Eers sokker, toe atletiek en krieket. Hou lank gaan ons nog rugby en golf geniet in hierdie land voor dit ook verby is

Hardekwas ·

Dit was white privelege , en die teiken om te vernietig deur die kommuniste. Die beste is vir spelers om die land te verlaat en vir buitelandse spanne te speel. Ons kan dan hierdie spanne ondersteun. Ek self ondersteun slegs individuele sportmanne, wat nie deur bee en alle ander regulasies geraak word nie, soos boks, golf, motorsoprt, ens.

piet ·

Dit moet soos ‘n dolk in die hart van die rassiste wees om te sien dat van die beste spelers in die nasionale spanne, nou spelers van kleur is. Mense, in watter land dink julle bly julle? Julle wil 90% van die bevolking uitsluit om vir die nasionale span te speel op grond van hul ras. Kom by man.

N ·

Piet. Jou kommentaar maak nie sin nie. Die punt bly , jy kan swart, wit, bruin pienk of blou wees, as jy die beste in jou posisie is dan hoort jy daar. Kwota stelsels maak sport dood.

Darkwing Duck ·

Kom asb net huis toe en spaar ons verdere vernedering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.