Proteas buig die knie voor Indiese boulers

Temba Bavuma word deur Mohammed Shami skoongeboul. (Mahesh Kumar A./AP)

Die Engelse sê altyd dat sake (ook in ’n krieketwedstryd) nie afgehandel is totdat ’n sekere dame van ’n ietwat, uhm, “meer geronde” postuur gesing het nie.

Nou ja, in die eerste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Indië in Visakhapatnam het daardie einste tannie reeds in die tuisspan se tweede kolfbeurt haar stem begin opwarm.

Want ten spyte van moedige honderdtalle deur Dean Elgar en Quinton de Kock in die besoekers se eerste kolfbeurt, het die Proteas steeds die toets met 203 lopies verloor. Dit is Indië se derde agtereenvolgende toetssege van meer as 200 lopies en hulle is tans eerste op die Wêreldtoetskrieket-kampioenskap se punteleer met hul 160 punte ná drie toetse.

Hoewel Suid-Afrika se eerstebeurttelling van 431 ’n skitterende antwoord op Indië se reusagtige telling van 502/7 verklaar was, is Virat Kohli se span net té gewoond daaraan om wedstryde in hul agterplaas te wen.

Rohit Sharma het terstond sy tweede honderdtal van die wedstryd geslaan en sy 13 sesse in sy twee beurte het gesorg dat Indië 36 sesse in die toets geslaan het – ’n nuwe rekord.

Kohli en Kie. het hul voete op die versnelpedaal gehou en die tuisspan kon binne 68 boulbeurte 323/4 aanteken; die Proteas moes 395 vir ’n oorwinning jaag.

Maar toe Keshav Maharaj net 28 boulbeurte later deur Ravindra Jadeja terug na die kleedkamer gestuur is, was die skrif taamlik duidelik teen die Protea-muur.

Die Suid-Afrikaners het op 70/8 gesteier en ’n nederlaag van meer as 300 lopies was op die spel.

Maar ’n goeie vennootskap van 91 lopies om die negende paaltjie tussen Dane Piedt (56) en Senuran Muthusamy (49*) het darem vir ’n paar Protea-glimlagte gesorg.

Dit sal egter meer as ’n buisie Colgate verg om die Protea-fronse in glimlagte te laat verander. Om met 203 lopies te verloor, is ’n gróót drag slae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Vita ·

SA se bowl aanval ,baie swak,3 spinners net nie goed genoeg nie, en die kapt hlad nie goed nie, SA krieket mis AB , Makram ook nie op vorm nie, volgende toets gaan hulle dieselfde pad stap, kan sien daar geen afrigting nie

Nico ·

Vita en intussen is daar verwerpte leliewit spelers Abott, Harmer Olivier en Russouw wat uitblink het in Engeland se graafskappe maar om vir hulle ‘n noemenswaardige lewe te maak mies hulle daar gaan speel, want met Maroela se ANC ondersteuning is hulle net so af en toe geregtig om vir die verwelkte proteas re speel.

Snuffels ·

Hoeveel lopies het ons nuwe onder kaptein gemaak??? Vra maar net…

Nico ·

Watter verskil sou manne wat die hele graafskap seisoen in Engeland uitgeblink nie gemaak het nie! Kye Abbot, Duane Olivier, Simon Harmer en Rilee Russouw onder andere. O-ja maat hulle word mos nie deur ANC goed gekeur nie behalwe as al die ANC keuses so af en toe nie kan speel nie. Kyk maar vir Mgidi, wat soos Steyn meer onfiks as fiks is maar vir ANC mask dit nie saak nie. Dit is maar hul staandaard. Ook Rabada is nou ‘n misoes na daar nie meer kindigheid is om hom verder te leer nie. Die laaste goeie afrigter was Gary Kirsten maar ook hy het besef as hy sy naam nie met ‘n plank wil slaan nie moet hy maar uit en die swak verskoning van familie sake gebruik, en nou gaan hy moontlik die argitek van ondergang op tuisbedem wees later vanjaar. Nee-wat verwelkte proteas kry vir julle. Julle moet nie eers proteas heet nie want die protea is immers ‘n baie delikate blom waarby julle nooit sal kom nie tensy meriete en net meriete diecspan kies.

Joe ·

@Snuffels, en Markram, Theunis?? Die twee kry oor en oor en oor kanse, perform glad nie, maar jy se nie n woord oor hulle nie?

Vita ·

Stem Nico ,Abbot so baie goed gedoen het daar,maar SA Krieket het hom laat gaan om plek te maak vir kwotas, en hulle eie kwotas het hulle die WB krieket gekos, en elke dag is daar jong wit spelers wat oorsee gaan speel,

Stefan ·

Wat het ons in Indie verwag. Ander lande vat oud SA Spelers as Afrigters, Kirsten moontlik vir Engeland, Mickey Authur, Lance Kluesener, want Krieket SA stel nie in hulle belang nie. Nee ons wil Indie aanpak met n Waarnemende Afrigter/Direkteur van Krieket wat skaars behoorlik provinsiale krieket kon speel en eintlik maar net n gemiddelde Klubspeler in Gauteng se opset was. Die spelers in die Protea span word deur Krieket SA in die steek gelaat want daar is n oordrewe Kwota tendens deur Krieket SA.

Kaksekoelte ·

Hoekom is julle verbaas oor die span se vertoning. Met die wereldbeker het julle mos nou gesien wat in die Blom span steek ?

K P ·

Dit is wat jy kry as jy onkundiges in n sport toelaat. Krieket se bestuur is so kwota mal dat hulle oor niks anders omgee. Daar is ook te veel onbeholpe kwota spelers wat nie eers in klub krieket hoort

Snuffels ·

Joe. Jy is reg, kom ons kyk na hulle ook. Temba het al 37 toets gespeel, 1 honderdtal gemiddeld van 32. Markham het 18 toets, 4 x 100 en 43 gemiddeld. Neem in ag Dat baie as openings kolwer was, en dit die moeilikste tyd is om te kolf. De Bruyn het nog slegs 10 toetse gespeel, maar het dieselfde aantal honderdtalle as Temba. So hoekom word Temba onder kaptein gemaak, oor sy goeie vertonings? En Temba se eerste klas gemiddeld is maar 34??? So jammer, ja ek kyk na hom as ons nuwe onder kaptein en skud my kop.

JohanL ·

Ons beleef nou uiteindelik die werklike impak, wat die kwotastelsel het op ons krieket, op internasionale vlak. Die amptelike kwotastelsel op plaaslike provinsiale vlak, het spelers soos Abbott, Harmer, Rossouw, Stiaan van Zyl, Olivier, ensovoorts uit SA weggejaag. Die gevolg is ‘n baie swak standaard van krieket op plaaslike vlak – en dit is die voederbron van die nasionale span!!! Die Proteas kon nog vir ‘n tydperk die wa deur die drif trek terwyl spelers van die kaliber van Smith, Gibbs, Kallis, de Villiers, Boucher, Steyn, en Pollock daar was. Maar na hulle so een vir een uitgetree het, het die impak net elke keer groter en groter geword. Daar is geen voeder stelsel wat sorg dat die werklike nodige talent daar is om die sterre wat uittree, te vervang nie. En dit is waar die kwotastelsel ons land se krieket hard slaan.

En natuurlik op afrigtingsvlak word daar regtig swak afrigters aangestel – natuurlik weer volgens kwotas. En ek praat nou van afrigting op junior verteenwoordigende vlak (provinsiale skole, streekvlak op skole, ens). En dit is die afrigters wat skole spelers moet ontwikkel vir die toekoms.

Ek herhaal, ons sien nou die harde realiteite en uitslae op die veld. So hartseer.

jakes ·

Die 3 of 4 spelers in die Protea span wat wel met die kolf uitblink, hoort in die span. Die gebrek aan goeie afrigting is kommerwekkend en kolwers maak elementere foute op kritieke stadiums. Ons boulaanval is maar skraps en somtyds is die veldwerk power.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.