Proteas buig die knie voor Indiese boulers

Temba Bavuma word deur Mohammed Shami skoongeboul. (Mahesh Kumar A./AP)

Die Engelse sê altyd dat sake (ook in ’n krieketwedstryd) nie afgehandel is totdat ’n sekere dame van ’n ietwat, uhm, “meer geronde” postuur gesing het nie.

Nou ja, in die eerste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Indië in Visakhapatnam het daardie einste tannie reeds in die tuisspan se tweede kolfbeurt haar stem begin opwarm.

Want ten spyte van moedige honderdtalle deur Dean Elgar en Quinton de Kock in die besoekers se eerste kolfbeurt, het die Proteas steeds die toets met 203 lopies verloor. Dit is Indië se derde agtereenvolgende toetssege van meer as 200 lopies en hulle is tans eerste op die Wêreldtoetskrieket-kampioenskap se punteleer met hul 160 punte ná drie toetse.

Hoewel Suid-Afrika se eerstebeurttelling van 431 ’n skitterende antwoord op Indië se reusagtige telling van 502/7 verklaar was, is Virat Kohli se span net té gewoond daaraan om wedstryde in hul agterplaas te wen.

Rohit Sharma het terstond sy tweede honderdtal van die wedstryd geslaan en sy 13 sesse in sy twee beurte het gesorg dat Indië 36 sesse in die toets geslaan het – ’n nuwe rekord.

Kohli en Kie. het hul voete op die versnelpedaal gehou en die tuisspan kon binne 68 boulbeurte 323/4 aanteken; die Proteas moes 395 vir ’n oorwinning jaag.

Maar toe Keshav Maharaj net 28 boulbeurte later deur Ravindra Jadeja terug na die kleedkamer gestuur is, was die skrif taamlik duidelik teen die Protea-muur.

Die Suid-Afrikaners het op 70/8 gesteier en ’n nederlaag van meer as 300 lopies was op die spel.

Maar ’n goeie vennootskap van 91 lopies om die negende paaltjie tussen Dane Piedt (56) en Senuran Muthusamy (49*) het darem vir ’n paar Protea-glimlagte gesorg.

Dit sal egter meer as ’n buisie Colgate verg om die Protea-fronse in glimlagte te laat verander. Om met 203 lopies te verloor, is ’n gróót drag slae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vita

SA se bowl aanval ,baie swak,3 spinners net nie goed genoeg nie, en die kapt hlad nie goed nie, SA krieket mis AB , Makram ook nie op vorm nie, volgende toets gaan hulle dieselfde pad stap, kan sien daar geen afrigting nie

Nico

Watter verskil sou manne wat die hele graafskap seisoen in Engeland uitgeblink nie gemaak het nie! Kye Abbot, Duane Olivier, Simon Harmer en Rilee Russouw onder andere. O-ja maat hulle word mos nie deur ANC goed gekeur nie behalwe as al die ANC keuses so af en toe nie kan speel nie. Kyk maar vir Mgidi, wat soos Steyn meer onfiks as fiks is maar vir ANC mask dit nie saak nie. Dit is maar hul staandaard. Ook Rabada is nou ‘n misoes na daar nie meer kindigheid is om hom verder te leer nie. Die laaste goeie afrigter was… Lees meer »

Stefan

Wat het ons in Indie verwag. Ander lande vat oud SA Spelers as Afrigters, Kirsten moontlik vir Engeland, Mickey Authur, Lance Kluesener, want Krieket SA stel nie in hulle belang nie. Nee ons wil Indie aanpak met n Waarnemende Afrigter/Direkteur van Krieket wat skaars behoorlik provinsiale krieket kon speel en eintlik maar net n gemiddelde Klubspeler in Gauteng se opset was. Die spelers in die Protea span word deur Krieket SA in die steek gelaat want daar is n oordrewe Kwota tendens deur Krieket SA.

Kaksekoelte

Hoekom is julle verbaas oor die span se vertoning. Met die wereldbeker het julle mos nou gesien wat in die Blom span steek ?

K P

Dit is wat jy kry as jy onkundiges in n sport toelaat. Krieket se bestuur is so kwota mal dat hulle oor niks anders omgee. Daar is ook te veel onbeholpe kwota spelers wat nie eers in klub krieket hoort