Proteas haal wind uit Windies se seile

Anrich Nortje (L) en Dean Elgar (10 Junie 2021) (Foto: Randy Brooks/AFP)

Dean Elgar is weliswaar vir ’n nulletjie uitgeknikker, maar sy kapteinskapera het op ’n wennoot begin toe die Proteas die Wes-Indiese Eilande met ’n beurt en 63 lopies geklop het.

Dit klink baie indrukwekkend, maar die Windies het die wedstryd eintlik al verloor toe Kraigg Brathwaite die loot gewen en besluit het om eerste te kolf.

Die blad in St. Lucia was ’n snelbouler-paradys en die Suid-Afrikaners – met Anrich Nortjé, Kagiso Rabada en Lungi Ngidi voor in die koor – het hul stemme goed dik gemaak.

Rabada het met die vuur van ouds geboul en sy syfers van 5/34 in die Windies se tweede beurt het die wedstryd so te sê vir die Proteas beklink.

Dit was die eerste keer in 33 probeerslae dat hy vyf paaltjies in ’n beurt kon neem.

Tog is die speler van die wedstryd ongetwyfeld Quinton de Kock.

Die talentvolle paaltjiewagter het die hoogste telling (141) van sy toetsloopbaan gemoker en hy is terug op sy aanvallende beste: Hy het sy honderdtal met ’n ses oor die skerpby-grens geslaan en sy aggressiewe benadering het die Windies-boulers op die agtervoet geplaas toe hulle eintlik die uitklophou moes plant.

Toe die indrukwekkende Anrich Nortjé die tuisspan se laaste kolwer uithaal, was dit die eerste keer sedert 2017 wat Suid-Afrika ’n toets weg van die huis wen.

  • Opsomming van telkaart:

Windies 97/10: Lungi Ngidi 5/19 en Anrich Nortjé 4/35

Proteas 322/10: Quinton de Kock 141* en Aiden Markram 60

Windies 162/10: Roston Chase 62, Kagiso Rabada 5/34 en Anrich Nortjé 3/46

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Mooi manne. Daar’s baie nuwe manne in die span, gaan ‘n rukkie vat voor ons weer met die groot spanne kan saampraat. Net ‘n bietjie vasbyt en aanhou verbeter.

MakersMark ·

Die Windies is self ‘n 100% equity spannetjie, laaste 5 jr useless…..speel teen England, Aus of die Kiwi’s en die Mtetwa spannetjie verloor met ‘n innings ……

piet ·

Nou moet ons beste kolwer, Bavuma, ook net nog die span kom versterk.

MakersMark ·

Genuine ? Beter as de Kock ? Daai foeliesak gesels weer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.