Proteas het Aussies teen die toue op Wanderers

Faf du Plessis. Foto: Twitter/OfficialCSA

Die vierde dag van die vierde en laaste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië is afgehandel en die Proteas staan op die drumpel van ʼn reeks-oorwinning. Die Proteas het hul tweede beurt op 134/3 hervat en uiteindelik gesluit verklaar op 344/6.

Dit het aan Australië ʼn massiewe teiken van 612 lopies gestel om die wedstryd te wen. Teen uitskeityd was Australië op 88/3. Dit is nog 524 lopies kort van hul teiken met net 7 paaltjies staande.

Die Proteas het 210 lopies by hul oornagtotaal gevoeg voordat hulle verklaar het. Faf du Plessis het 120 lopies bygedra (4×18 en 2×6) terwyl Bavuma (35) en Philander (33) die nie-uit-nie-kolwers was. Pat Cummins het weer die beste met die bal gevaar en vier paaltjies geneem.

Die Aussies het drie paaltjies in hul tweede beurt verloor en teen uitskeityd was hulle op 88/3 (30 bb) wat nog 524 lopies kort is van ʼn oorwinning met net 7 paaltjies staande. Mornè Morkel het twee paaltjies platgetrek.

Handscomb (23) en Marsh (7) sal Dinsdag die laaste dag aanpak, hoopvol om die toets te wen.

Die Proteas loop met 2-1 voor in die reeks en al eindig hierdie vierde toets onbeslis, sal Suid-Afrika steeds die reeks verower. Die Aussies het die eerste toets gewen en die Proteas die tweede en derde toetse.

Die vyfde dag se spel is geskeduleer om Dinsdag om 10:00 op die Wanderers te begin.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.