Proteas jaag 312 vir oorwinning

Imran Tahir het in die eerste boulbeurt van die wedstryd van Jonny Bairstow ontslae geraak. Foto: Facebook.

Die Proteas het Engeland tot 311/8 in hul 50 boulbeurte beperk nadat Imran Tahir in die eerste boulbeurt van die dag van Jonny Bairstow ontslae geraak het.

Dit was ’n bobaasskuif van Faf du Plessis om met Tahir te begin – veral as Kagiso Rabada en Lungi Ngidi in jou span is.

Die 40-jarige draaibouler het die buiterand van Bairstow se kolf gevind en Quinton de Kock het ’n goeie vangkans agter die paaltjies benut.

Jason Roy (54) en Joe Root (51) het daarna gekombineer vir ’n vennootskap van 106 om die derde paaltjie, voordat Andile Phehlukwayo van Roy ontslae geraak het.

Root is kort daarna deur JP Duminy van Kagiso Rabada se boulwerk op punt uitgevang en met die telling op 111/3 was die Proteas weer die swaarste speler in dié wipplankstryd.

Maar Eoin Morgan (57) en Ben Stokes (89) het goed gekombineer om weer die Engelse se kastaiings uit die vuur te krap.

Tog het geen kolwer ’n driesyfertelling behaal nie en Rabada (2/66), Tahir (2/61) en Ngidi (3/66) het gereeld paaltjies geneem.

’n Wenteiken van 312 behoort nie vir die Proteas juis slapelose nagte te gee nie; maar soos ʼn mens weet kan daar enigiets in die Wêreldbeker met ’n Suid-Afrikaanse span gebeur.

Hashim Amla en Quinton de Kock sal die kolfwerk open, met Aiden Markram op no. 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

corne ·

En da chock ons soos altyd net die keer sommer met die 1st game al CHOKERS

koos ·

Nee om te choke moet jy alles wen en dan in die halfeindstryd verloor. Ek is bevrees dat daar swarigheid voorlê met ‘n middelmatige boulaanval en kolwers wat nie regtig weet hoekom hulle in die span is nie! Sorry spelers, ek weet julle kies nie julle self in die span in nie.

Jerry B ·

Nee ek dink nie chokers eerder Wooden Spooners met so n
eerste vertoning. Hou dop. Vertonings nie konstant nie so kommer wekkend

Patrys ·

Ons wen die loot maar FAF ( en De Kock) besluit om Engeland eerste te laat kolf -ek was geskok. Die blad en omstandighede het dit nie regverdig nie en ek het geweet ons gaan tweede kom – maar heeltyd gehoop ek is verkeerd en weet nie van beter nie. Daar is nog baie wedstryde oor en ek vertrou ons gaan nog baie goed doen.

Riaan ·

Ons gaan nie eers die kwart rontes haal nie, choke al weer soos al die vorige jare, wen alles behalwe as dit saak maak.

CallieL ·

Is daar nog iets om oor te praat. SA spanne verwak jaarliks en sekere ondersteuners glo al meer hul gaan iets regkry. Sal iemand opstaan en verduidelik waarom dit so gaan. N game was nog altyd iets om aan deel te neem met die bestes wat jy het, met die hoof doel om te wen en teenstanders se respek te verdien. Voldoen SA spanne aan die kriteria

Ai ·

En daar choke die proteas sommer gou gou ronde nr 1…..Te veel oupas in die span!????????????

al ·

@Ai, ek stem nie saam nie. Voor die tyd is ons belowe dat almal op meriete gekies sal word. Oupa Amla en oupa Duminy verdien hulle plek en die maan gaan vanaand potblou wees.

Ai. ·

Callie dit is hoekom ek nie Suid Afrika sport kyk nie…Net kwotas en tweedehandse spelers met geen clue of trots..Party van hul kan self nie glo hul speel op internasionale vlak nie en hul bevoegdheid of eerder onbevoegdheid stasn uit soos n seer duim! Maar hey in die land van die blinde is die een oog koning…Dit is maar die standaarde vsn Afrika….daar is min…

Rupert Ashford ·

Daar vou hulle. Goed so. Meriete sport al die pad. Waar is die manne van HART nou?

Fish and chips ·

Hulle bou mos nog die span? Dieselfde soos Bokke wat teen Japan verloor. Arrogansie van SA spanne!

Iens ·

Die lot vraagtekens was eintlik laggesiggies… weet nie hoekom dit nou gebeur het nie!

TN ·

Ou “Cheating Faf ” is seker die mees arrogante kaptein in wêreldkrieket en ook het hy nou nie juis iets waarop hy die arrogansie kan regverdig nie ! Voeg daarby die ewige ” kwotas ” en jy het ‘n goue resep vir mislukking !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.