Proteas kies hul eendaggroep vir Aussie-stryd

Janneman Malan in aksie. Foto: Mzansi Superliga se Twitter-blad.

Keshav Maharaj sal vir die eerste keer in twee jaar die Proteas se eendaghemp oor sy kop trek wanneer hy in die komende eendagreeks teen die besoekende Australiese span in aksie is.

Faf du Plessis, Rassie van der Dussen en Dwaine Pretorius het egter ’n blaaskans verdien.

“Faf is ’n uitstekende speler in witbalkrieket en hy is beslis nog deel van ons planne wat eendagkrieket betref. Ons sal hom voortaan net goed bestuur,” het die Protea-afrigter, Mark Boucher, gesê.

“Die reeks teen Engeland en Australië is ’n uitstekende geleentheid om nuwe spelers ’n kans te gee om hul staal te wys. Ek wil graag ons diepte toets en sien watter spelers ons tot ons beskikking het.”

Buiten Maharaj kry die talentvolle Kyle Verreynne en Janneman Malan ook kans.

Verreynne kan as paaltjiewagter ingespan word; veral wanneer die druk op Quinton de Kock as kaptein en openingskolwer in die toekoms net té veel raak om die handskoene ook te dra.

Dan kan Malan saam met hom die kolfwerk in eendagkrieket open. Sy gemiddeld van 43 in plaaslike krieket is glad nie te versmaai nie en hy slaan sy lopies teen ’n treftempo van 86.

  • Die eendaggroep is: Quinton de Kock (kaptein en paaltjiewagter), Temba Bavuma, David Miller, Kagiso Rabada, Andile Phehlukwayo, Tabraiz Shamsi, Lungi Ngidi, Beuran Hendricks, Heinrich Klaasen, Janneman Malan, Jon-Jon Smuts, Anrich Nortjé, Lutho Sipamla, Keshav Maharaj en Kyle Verreynne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tweeling ·

du Plessis ‘n uitstekende speler in witbal krieket? Seker in wedstryde wat ek nie gesien het nie, oor die algemeen was hy pateties.

charmaine ·

En soos hulle gisteraand gespeel het, sjoe dit was swak, ek is bly ek betaal nie vir kaartjies om na so swak spel te kyk nie. Ek het maar vroeg met n boek gaan inkruip.

commontar ·

Ekt het ongelukkig Vrydagaand R400 gemors toe ek gaan kyk het. Ek dink nie Australie sal SA vrouespan so maklik uitboul nie.

commontar ·

Ja kyk net Faf self dink hys goed in witbal krieket. Met daai ODI rekord van hom sal hy maar sukkel on selfs Bangladesh se middelorde te haal maar hy dink dis van die wereld se beste.

koos10 ·

Ek is bekommerd oor die kapteinskap. Dit lyk vir my die druk is te hoog vir die kapteine.
Quinton was in 3 T20’s kaptein en het in 2 daarvan misluk as kolwer. En toe ky vou, toe vou sy hele span saam.

MJ ·

Die boulers het gisteraand sommer van die begin af die wedstryd vir die Aussies gegee…

Scalla ·

ek begin twyfel in Boucher se planne as dit sy siening is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.