
Die Proteas het vóór die aanvang van die wedstryd die knie gebuig.
Die Proteas – sonder die diens van gereelde spelers soos Quinton de Kock, Kagiso Rabada en Anrich Nortjé – kolf eerste in hul wedstryd teen die besoekende Nederlanders op SuperSportpark.
Zubayr Hamza en Sisanda Magala maak hul eendagkrieket-buigings vir die Suid-Afrikaners, terwyl Khaya Zondo en Wayne Parnell ook weer deel van die aksie is.
Die hele Protea-groep het weer eens die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) gister gesê het dat die span met die gebaar moet voortgaan.
“Die besluit om die spelers oor dié gebaar te betrek is nie ligtelik geneem nie. Ons is verheug dat ons die geleentheid gehad het om dit met die kapteins te bespreek. Om die knie te buig is intussen as ’n beginselsaak aanvaar,” het Lawson Naidoo (KSA-raadvoorsitter) gesê.
Volgens Naidoo is om te kniel ’n belangrike gebaar in die stryd teen diskriminasie in sport en in die samelewing.
Intussen dreig die nuwe Covid-variant ook om die reeksplanne deurmekaar te krap.
Volgens Cricinfo sal die Nederlandse krieketraad binnekort met sy Suid-Afrikaanse eweknie vergader om te bepaal of die res van die reeks sal voortgaan.
Die Proteas is tans 23/1 ná vyf boulbeurte. Roelof van der Merwe het vir Reeza Hendricks van Frad Klaassen se boulwerk uitgevang.
Proteas: Janneman Malan, Reeza Hendricks, Zubayr Hamza, Kyle Verreyne, David Miller, Khaya Zondo, Wayne Parnell, Andile Phehlukwayo, Keshav Maharaj, Sisanda Magala en Tabraiz Shamsi.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
So, black lives is nou die enigste lewens wat saak maak? Hoekom word daar nie vir die boere ook so iets gedoen deur die krieket span
Nee wat.Stel nie belang nie.Hoop hulle verloor alles.
En daar verloor die Proteas die laaste respek wat hulle nog gehad het.
Hoe kan iemand met homself lewe as jy weet jy sus jou gewete met geld?
Lekker verloor