Proteas maak ondersteuners radeloos, moedeloos

Foto: (AP Photo/Matt Dunham)

As Faf du Plessis gedink het hy is gefrustreerd met sy span se boulwerk, veldwerk én veldplasings, het hy nog nie vandag die gemiddelde Protea-ondersteuner gesien nie.

Want nie net is Bangladesj die tweede span om meer as 300 lopies teen die Proteas in vanjaar se Wêreldbeker te slaan nie, dit is ook die Asiërs se hoogste telling in eendagwedstryde. Dít nadat Du Plessis die loot gewen en die Bangladesj-manne ingestuur het om te kolf.

Vyftig boulbeurte en 300+ lopies later het Du Plessis, én waarskynlik die res van Suid-Afrika, sy besluit ietwat bevraagteken.

Die Proteas het waarskynlik gedink dat hulle vroeg die oorhand sou kry as hulle hul teenstanders met vinnige opslagballe peper.

Tamin Iqbal en Soumy Saker het egter 60 lopies om die eerste paaltjie in slegs agt boulbeurte geslaan, vóór Andile Phehlukwayo uiteindelik van Iqbal ontslae geraak het.

Foto: (AP Photo/Matt Dunham)

Kagiso Rabada (0/57) en Lungi Ngidi (0/34) was duur aan die begin van die kolfbeurt en toe Ngidi vroeg die veld met ’n dyspierbesering verlaat het, was die skrif so te sê aan die muur vir SA in dié beurt.

Du Plessis het Ngidi se ses oorblywende boulbeurte aan Aiden Markram (0/38 in vyf boulbeurte) toevertrou, terwyl JP Duminiy tien lopies in sy enkele boulbeurt afgestaan het.

Chris Morris was darem bestendig in sy wisselvalligheid en het 73 lopies in sy tien boulbeurte afgestaan. Hy het darem vir Saker (42) en Mossadek Hossain (26) terug na die kleedkamer gestuur.

Foto: (AP Photo/Matt Dunham)

Was dit nie vir die 40-jarige Imran Tahir (2/57) wat twee belangrike paaltjies geneem het nie, sou dit regtig ’n blou Sondag vir SA gewees.

Die span het nou 50 boulbeurte om 331 aan te teken vir ’n oorwinning. Hulle kon Donderdag nie 312 teen Engeland slaan nie.

Gelukkig is daar in David Miller ’n ekstra kolwer wat hopelik vir ’n tikkie meer slaankrag kan sorg.

ʼn Mens kry egter die gevoel dat ’n tikkie nie genoeg sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

kolla ·

Baie mense het voor die tyd gesê dis die swakste span wat ons nog wereldbeker toe gestuur het en dit wys.

HF Verwoerd ·

Die openings kolwers van Bangladesh het gate deur die Proteas se veld werk geslaan. Duidelik kan Faf du Plessis nie die oponent se spel patroon ontleed nie.

Joey ·

Ag nee wat, ons is nie teleurgesteld. Ons weet mos dit is nie ons beste span nie. Dit is ons kwota span.

PIERRE ·

Slimjanne, hou op om na kwotas te verwys. Noem een nie-wit speler in Protea span wat nie daar is op meriete. Julle ken duidelik nie krieket nie.

chrisp ·

Pierre.Kwotas het RSA se sport doodgemaak punt. Ons kan mos nie in al die spansporte in die land bou aan spanne nie.In watter spansport waarin in onder die bestes getel het is dit nog so?
Selfs op laerskoolvlak moet daar soveel swart spelers wees.Van die kinders kan nie eens boul nie en gooi ,maar word gekies,dieselfde met rugby. Ons kinders hou op speel in alle spansporte en nou dink jy dat daar nie genoeg wit spelers is wat goed genoeg is nie.Die rede is so duidelik en tog sien mense dit nie raak nie. Waar is Zimbabwe krieket vandag? Presies dieselfde rede .
Al verdwyn kwotas vandag sal dit tenminste 15 jaar vat om weer wit kinders te sien deurkom en dit is nou maar soos dit is.

Bg redes is hoekom ek geen spansport van RSA ondersteun nie slegs individuele sport.

Arno Scheepers ·

PIERRE as jy jou naam so met hoofletters skryf is jy seker vreeslik slim.
j p duminy en hashim amla is passasiers. Daar op velkleur. Kyk na hulle onlangse statistieke en sien HOE swak hulle is. ngidi? Ag regtig???
Ek voel jammer vir die briljante Rabada en die ander spelers. Sport en politiek kan NIE hande vat nie. Jy speel sport met net EEN doelwit….WEN. Met kwotas sal dit nooit gebeur nie. Blitzbokke…Bafana…Proteas, kyk maar na die naweek se uitslae.
Spaar ons die geld en die verleentheid en onttrek die bokke aan die Japan toernooi.
Ek hoop jp en amla het nog bietjie skaamte oor. Lekker verniet vakansie met nog betaling ook

Judge Dredd ·

Nee – hierdie jaar gaan ons nie choke nie – ons gaan ordentlik verloor.

Ten minste kan Proteas dan nie meer chokers genoem word – dit sal die Proteas baie gelukkig maak.

Gertryda ·

Ja nê die proteas voel oor Bangladesh soos die Springbokke oor Japan????????

Ai. @ Getryda ·

En jou punt getryda?? Duidelik is jy trots daarop????? Suid Afrika se bestes gaan oorsee oor kwotas en swak rand geskep deur n swak regering! Wat bly oor???? Die mankes en krippels en has beens en kwotas! Ngidi hoort nie daar hy is nie goed genoeg nie! JP! hoort nie daar hy is uit vorm en so ook nie uit vorm Amla nie! Steyn is oor die muur en n besering wat le en wag na elke aflewering en faf is meer gepla oor of jy sy biceps sal sien op die kassie as wat hy gepla is oor krieket en so kan ons aangaan!Hoekom is die spelers gekies Getryda ..Die keurders is clueless!!! RSA sport het die grap van die dekade geword?????Enjoy en wees jy maar trots op n klomp onder standaard tjol!!!

Stephanus ·

Kom net asseblief huistoe, julle is een helse verleentheid vir Suid Afrika. Ons beste afrigters sit oorsee asook spelers wat weens kwotas moes gaan oorsee speel.

Swartwolf ·

Geen twyfel aan hoe ellendig die kwota blommetjies is nie. Sal gou gou uitval. As mens dink die krieket is frustrerend wag vir die rugby wereldbeker….Dan gaan die frustrasie oorneem.

Koos ·

Kaptein kortmoutjies moet vir ou Divvie kry om vir hom n paar speeches te kom doen

Waarheid ·

Die hopelose spul wat so rondploeter kan maar huistoe kom.
Die body language se alles.
Hulle wil nie daar wees nie. Daar is geen passie of positiwiteit nie.
Hulle mors net geld.
Dit is duidelik.

Valerie ·

Los Reeza Hendrick tuis? Neem Amla, Miller, Steyn, Tahir, Pretorius na ‘n WB? AB se afwesigheid wys duidelik en SA het dringend ‘n kaptein nodig want hulle het nie op die oomblik een nie.

M ·

Lmga …. Kan hulle nie eers “chokers” noem nie. Om chokers genoem te word moet die span ten minste nog naby wen kom en dan verloor weens druk. Hulle is pleinweg net skokkend onbevoeg.

Robert ·

Arrogant, sien dat eerste boul op dieselfde kofblad in Donderdag se wedstryd nie werk nie maar sal mos nie luister nie. Baie groter honger by die ander spanne om te wen as die gous blommetjies.

MANIE ·

Die spelers moet nie blameer word. Die anc en sy liberale trawante moet die skuld kry vir die patetiese span wat aan die wereldbeker deelneem. Maar nou ja vir die spul was dit seker nie n vernedering

Juanita ·

Usually we say it’s not the size of dog in the fight, its the size of the fight in the dog. Today Bangladesh said forget the dog, we have a tiger’s heart

kolla ·

Ek is nie verbaas nie, die tekens was al voor die wereldbeker daar. Kolfwerk en veldwerk is al vir maande swak en gister het die boulers ook uit die bus geval. Jy kan die wereldklas spelers in daai span op een hand tel: De Kock, Du Plessis, Tahir, Rabada en Steyn (wanneer hy fiks is). Verder gaan daar nie veel aan nie.

Rupert Ashford ·

Mens tel al vir ‘n rukkie op dat die moraal nie meer is wat dit was nie. Toe AB so vinnig uit alle internasionale krieket getree het, toe Morne Morkel geloop het en toe so baie belowende jonger manne die pad gevat het, kon mens sien die volgende finale fase van die transformasie-proses is seker nou in plek gestel (Faf gaan seker na die WB uittree). SA sal darem seker nog vir Zimbabwe kan klop, bloot omdat daar darem meer spelers in SA is as in Zim, hoewel die Zimbabwiers oor die algemeen meer ruggraat het so wie weet.

kolla ·

Zimbabwe kwalifiseer al lankal nie meer vir die wereldbeker nie.

Ai. ·

Bwaaahahahaa ha..eisch ..verlepte proteas vir n droe ranskikking…pateties..maar dit is reg hou so aan met jul kwotas en onder bekwames..jul slat jul land se naam lekker met n krieket plank!!

Uitgevang ·

Selfs n laerskoolkind weet jy boul om die paaltjies te raak, maar nie hierdie Proteas nie! Oral bo die kolwers se koppe met opslagballe en kortballe. Kan die ouens nie aanpas as hul plan nie werk nie? Pateties verby!

kolla ·

Uiters frustrerend hierdie kort boulery, werk nie maar hulle volhard daarmee.

Spike ·

Wyer om verder te kyk agv boulers. Kan Faf hulle nie sien jy boul nie heeltyd kort en opslagballe.

corne ·

Ja nog n sa spanndeur kwota verwoes daar nie eers tyd vir chock nie lol sien nogal uit na die bokke se pakslae ook die jaar in die RWB

Louis ·

Kom vir my voor die spelers stel nie werklik belang in die spel nie Eerder of hulle met n vakansie is en geld so verdien

Frans C ·

Die spankeuse het my verbaas.Hoekom ‘n bouler Steyn saamneem wat beseer is en ‘n aabvangskolwer Amla wat van stryk is?

Gerhardt O ·

Ek dink jy noem die ware oorsaak hier. Hoe wat mens spelers soos Steyn, Amla , Duminy, Morris ens wereldbeker toe terwyl hulle, of beseer, of heeltemal uit vorm is…

m.d.r. ·

Jammer, maar ons boulers LYK nie eens gevaarlik nie….. ek dink nie ons boulers was voorberei ir die tipe kolfblaaie in Engeland nie. ‘n Opslagbal in op ;n SA kolfblad is baie gevaarliker as een op ‘n Engelse blad. Kortballe ? ag nee wat, enige goeie skool speler weet hoe om dit te hanteer. Dale Steyn gaan ook nie enige verskil maak nie. Soos my afrigter in my klubspan dae gese het–“line and length chaps, that the only way to get a wicket”…..Maar nouja, as jy met ‘n politieke uitnodigingspan die wereldbeker wil aandurf, gaan dit maar moeilik wees….!

John ·

Hoekom die loot wen en dan die ander span instuur. Ons moet sommer van die begin af sè ons is bereid om maar weer te verloor. Almal het gewaarsku teen Amla se insluiting maar die Engelse Pollocks is mos alwetend. Nou sit hy soos die pop-tier-gelukbringer op die pawiljoen sy geld en verdien. Ons span is die grap van die reeks…

Judge Dredd ·

Hulle sal waarskynlik nou 6, dalk al 7 van 7 oorblywende wedstryde moet wen om semi’s te bereik.

cb ·

Ag nou ja, om n RSA ondersteuner te wees is deesdae maar moeilik. Ons leef van terleurstelling tot teleurrstelling. Daar is niks meer on na uit te sien nie. Waar gaan n wen vandaan kom? Miskien Pakistan? Kom ons hoop!

Jack Russl ·

Gollie dis nie net sport nie. Daar is baie mense wat werk agv van sport. Dis nie net die 11 op die veld nie. Daar is heelwat mense betrokke wat sonder werk sal sit as dit “net sport” is. Die stadiums bestuur en onderhou hulle nie self nie.

Avokado ·

Het SA regtig gedink Engeland en Wallis se groundsmen gaan kolfblaaie vir boulers voorberei? Mense kyk krieket vir lopies, nie paaltjies nie. Swak oordeel en powere leierskap. Ek hoop regtig die Proteas kan ‘n haas uit hoed pluk. Go boys!

Gert Smit ·

Dit is duidelik daar is `n gebrek aan dissipline met geen duidelike wedstryd plan – Spaar julself verdere vernedering en kom eerder terug huis toe –

witogie ·

Wat verwag jy as jy net 50% van die span op meriete mag kies?

charmaine ·

Afghanistan kan ons ook dalk verbaas, hulle behoort goeie boulwerk te kan doen.
Kom ons hoop hier vir die beste?

Annamarie Olivier ·

Suid Afrikaners het hulle land gegee vir sport en kyk wat het ons nou!

Judge Dredd ·

@Pierre – Jy kan nie ‘n kwota stelsel implementeer en dan nogsteeds wil roem op meriete nie.

Kyle Abbott is verlore as gevolg van kwotas
Hoe groot rol het kwota/politiek nie gespeel dat AB de villiers skielik uitgetree het nie?
Hoeveel ander talentvolle sa krieketspelers het nie hul lot oorsee gaan soek soos Kevin Anderson as gevolg van Kwotas?

Nee ou seun – kwotas het ‘n baie groter invloed as wat menige wil erken en strek veel verder as die beste(meriete) kies van ‘n bad bunch.
Die vraag wat gevra moet word is hoeveel meer beter spelers kon daar moontlik ontwikkel/behoue gewees het in SA krieket, was dit NIE vir die kwota stelsel.

PIERRE ·

Ja Judge, say no more. Wys jou kennis van krieket — Anderson ipv Petersen. Ha Ha.

Judge Dredd ·

Ja Pierre – en om te dink jy kon nie my stelling betwis – so hoe laag moet jou kennis wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.