Proteas moet aanbeweeg ná Engeland-loesing

Faf du Plessis. Foto: Cricinfo.

Dit is nie die manier waarop jy begin wat saak maak nie, maar hoe jy dinge eindig.

En Suid-Afrika se Faf du Plessis glo sy span kan net beter word ná gister se nederlaag van 104 lopies teen Engeland op die Oval.

Die Proteas het aanvanklik goed geboul om Engeland se grofgeskut tot 311/8 te beperk, maar die Suid-Afrikaners se lopiejaagtog het sleg begin toe Jofra Archer vir Hashim Amla teen die kop geboul het.

Hoewel Amla later voortgekolf het, het die blitsige Archer (3/27) reeds verwoesting onder die Protea-kolwers gesaai.

Quinton de Kock (68) en Rassie van der Dussen (50) het ’n vennootskap van 85 lopies geniet, maar toe Liam Plunkett vir De Kock uitknikker, het die SA kolwers soos ’n pak kaarte getuimel. Hulle is uiteindelik vir 207 lopies uitgeboender.

“Jy gaan wedstryde speel waarin jou teenstanders net eenvoudig beter is as jy. Vandag [Donderdag] het Engeland ons in elke aspek (kolf-, boul- en veldwerk) van die spele ore aangesit,” het Du Plessis ná die tyd gesê.

“Terwyl ons baie teleurgesteld is, wil ons so gou as moontlik hieruit leer en aanbeweeg.”

Du Plessis voel dat Amla se besering ná die Archer-opslagbal die span van nodige momentum met die kolf beroof het.

“Wanneer jy ’n groterige telling jaag, is ’n goeie begin met die kolf baie belangrik. Met Hashim wat die veld weens mediese redes verlaat het en ek en Aiden wat vinnig ná mekaar uitgehaal is, was ons onder kwaai druk. Wanneer jy drie paaltjies plat is, lyk 312 lopies baie ver weg.”

Du Plessis sê dat die kolfblad goed was en dat dit ’n doelbewuste plan was om die boulwerk met Imran Tahir te open.

Die 40-jarige draaibalbouler het in die eerste boulbeurt van die wedstryd toegeslaan toe hy vir Jonny Bairstow uitgeknikker het.

“Dit is iets waaraan ons vir die eerste keer verlede jaar gedink het,” sê Du Plessis oor die Protea-planne om die boulwerk met Tahir te open.

“Op die Oval kies baie kapteins om met naatboulers te begin, omdat toestande normaalweg die snelboulers bevoordeel. Ek het egter gemeen ons staan ’n beter kans met Imran om ’n vinnige paaltjie te kry – bloot omdat dit iets anders is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Judge Dredd ·

Ek het mos gese ons hoef hierdie jaar nie te worry om te “choke” nie – as ons verloor sal ons dit ordentlik doen.

Veritas ·

Faf, ek is ‘n groot ondersteuner en wens julle alle sterkte toe, maar Amla se besering het niks met die verloor uit te waai nie. In die huidige span is daar slegs drie kolwers wat die vermoë het om vyftigtalle aan te teken en dít is nie goed genoeg nie. Jammer om dit te sê, maar die Proteas gaan nie die uitspeelrondtes haal nie.

EKKE ·

Veritas, ek stem saam met jou. Twee of drie kolwers wat redelik op vorm is, gaan nie vir ons baie werd wees nie. Jammer om te sê, maar ek weet regtig nie wat die span met JP Duminy en David Miller wil doen nie. Wanneer laas het JP enige noemens waardige bydrae gemaak en David Miller mag dalk ‘n redelike veldwerker wees, maar is heeltemal te wisselvallig as kolwer.

Nico ·

Kaptein Flaf Bolwang jy en Ottis is saam met jul paloeka hulpafrigters is verantwoordelik vir die patetiese toernooi wat julle gaan hê. Dit het begin in SA waar julle blaaie vir die siekeboeg boulers voor berei het en hulle so na goeie boulers laat lyk het maar terselfde tyd verraad teen jou kolwers gepleeg het want hulle kon nie goeie beurte bou nie. Nou het die boulers nie groen mambas nie en die die kolwers van peil af a.g.v bevooroordeelde blaaie tuis. Dan word daar nog oupa grootjies op sentiment gekies op wat hulle kon doen. Oupa hash en oupa dale bv. het al reeds in die vorige wêreld beker gewys dit moes hul laaste toernooi gewees het, maar nouja die ANC moet ook gelukkig gehou word wat prestasie nog verder afgradeer.

EKKE ·

Veritas, ek stem saam met jou. Die span gaan nie ver kom met net drie kolwers wat redelik op vorm is nie. Kan nie dink wat die doel van JP Duminy en David Miller in die span is nie. Wanneer laas het Duminy ‘n noemenswaardige bydrae gemaak, en Miller kan dalk a redelike goeie veldwerker wees, maar sy kolfwerk is heeltemal te wisselvallig. Die span kan dit nie bekostig nie

Adele ·

kom daarvn as jy nie regte manne kies vir n span nie ek hoop hul het n duur les geleer gister

Koos ·

Kaptein kortmoutjies gaan ernstig grond toe kom hierdie toernooi. Rassie is al konsekwente in daardie span, Duminy en Miller is ver onder standard. Kortmoutjies en Aiden sal ernstig moet vis eet en verstand kry en elkeen hul 50 lopies konstant tafel toe bring(soos Rassie) sou dit gister ook 100 lopie bygesit het by die skooltelling van 200

Boesman ·

Hierdie blommekinders span gaan erg pak kry in hierdie toernooi. Wanneer laas het die kolwers vrees afgedwing op boulers van die top lande? En dan is ons boulers maar gemiddeld en baie onervare vir so n groot toernooi. Soos iemand vroeër gesê het die ANC moet gelukkig gehou word.

Lou ·

Dit gaan lankal nie meer oor wen of verloor nie. Die kleur in die span moet net reg wees.

corne ·

moenie warrie nie die springbokke gaan ook slae kry met hulle openingswedstryd in die RWB SA se sport is daarmeeheen.

Veritas ·

Ons moet maar gewoond raak daaraan dat middelmatigheid geprys word. Kyk hoe mal is SA sokkergeesdriftiges oor die Bafana Bafana span en hulle kom nooit êrens teen ander nasionale spanne nie.

Waarheid ·

Die skrif is klaar teen die muur.
Julle het nou maar eenvoudig nie.

Spuds ·

Die Proteatjies het nie “bmt” nie. Dit gaan so aan vandat ons weer internasionaal kon speel. Die Proteatjies, Kaptein en Coach dink een swaeltjie kan n somer maak. Ek het nuus vir julle Proteatjies, Drie swaeltjies maak ook nie n somer nie. Wanneer gaan hulle fiks word en regte pro’s word? (Krieket fiks) Kies die regte span. Dale Steyn is n has been. JP Duminey het afgetree. Amla is glad nie op vorm. Okay die geheim is kies die spelers met die beste bio rithems vir elke spesifieke dag!!! Die punt is al is jy die beste batsmen in die wereld, as jou bio rithem vandag af is, gaan jy n af dag hê.

Nog baie loesings kom! ·

Sekerlik een van die swakste Suid Afrikaanse wereldbeker spanne wat daar nog was! Te veel is te lang in die tand en meer in die siekeboeg as op die veld! Oupa Amla en oupa Tahir en oupa Steyn ek verwys na julle! Ou kortmou hempie help my sterk lyk faf moet eerder stil bly en speel en wys hoekom hy daar is, FAf is nie n speler soos Kohli se skadu werd nie! Wil net verskonings opdis en arm spiertjies bult op TV…Hoe regverdig jy hul insluiting ? Was dit op vorm of op naam? Definitief nie vorm..En wat van Duminy hoe eindig hy daar op??? Daar is al klaar 5 spelers wat die span gaan se prestasie gaan aftrek oor hul nie op vorm is nie of net daar is om n kwota gaping te vul…Dit is belaglik dat die lot dink hul verdien om gekies te word en om in n wereld beker te speel en dan praat ons nie eens van die keurders wat hul daar geplaas het nie? Wat dink die lot? Dit gaan een vinnige vernederende wereldbeker vir die blommetjies wees!Sorry but you are the weakest link!

James ·

Faf, ek kyk julle wedstryde deur die nag hier in NZ. Doen julle bes en sorg dat die res van die manne alles insit in veldwerk ook. Ek dink die boulwerk het goed verloop onder omstandighede. Die kolfwerk het bietjie misluk, maar julle kan herbou. Ek sou graag meer effort in die veld wou sien al is dit soos hulle sê n “aging team” – met ouderdom kom ondervinding. Moenie worry oor pressure nie, geniet die game en maak ons trots. Moenie bang wees om foute te maak nie, doen net jul bes. Ons is Suid-Afrikaners, ons gee nie op nie en beslis nie sonder n fight nie. Cheers, ou mater!

James ·

Ek lees nou eers al die ander kommentaar. Magtag, maar dis darem n klomp negatiewe mense. Gee die ouens n kans, hulle het nog 6 wedstryde en hul eerste een was teen n high-flying, 1st ranked, tournament-favourite engelse span voor n tuisskare. Ons span speel ons volgende een teen Bangladesh wat ook glad nie meer so sleg is nie en dan teen Indië vir ons 3de wedstryd wat Indië se eerste een sal wees. Wees nou n supportive nasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.