Proteas moet weer Tiere tem

Quinton de Kock. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Suid-Afrika het die loot gewen en besluit om eerste in die derde en beslissende eendagwedstryd teen Bangladesj op SuperSportpark in Centurion te kolf.

Indien die besoekers vandag se wedstryd wen, sal dit hul eerste reeksoorwinning ooit teen die Proteas wees.

Bangladesj het juis verlede week die eerste wedstryd op die einste SuperSportpark gewen, maar die tuisspan het Sondag uitstekend op die Wanderers terugbaklei om sake gelykop te maak.

Kagiso Rabada (5/39) het toe die Tiere se kolwers laat bontstaan, maar Wayne Parnell se dyspier-besering het beteken dat Temba Bavuma en Rassie van der Dussen ook moes boul.

Hoewel die twee kolwers glad nie sleg gevaar het nie, sal die Protea-spanbestuur hoop dat hul boulers vandag die meeste van die boulwerk doen.

Dwaine Pretorius is in Parnell se plek, maar die opwindende Marco Jansen is nie in die elftal nie.

Die linkshandige snelbouler het reeds in sy jong internasionale loopbaan met sy vaart en wip beïndruk en hy kan vir enige kolwer hoofbrekens gee.

Quinton de Kock en Janneman Malan sal die kolfwerk open.

Proteas: Quinton de Kock, Janneman Malan, Temba Bavuma (kaptein), Kyle Verreynne, Rassie van der Dussen, David Miller, Dwaine Pretorius, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi en Lungi Ngidi.

Bangladesj: Tamim Iqbal (kaptein), Liton Das, Shakib Al Hasan, Mushfiqur Rahim, Yasir Ali, Mahmudullah, Afif Hossain, Mehidy Miraz, Taskin Ahmed, Shoriful Islam, Mustafizur Rahman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.