Proteas: ‘Ons het ons beste gegee’

Faf du Plessis moes al bontstaan vir die media se vrae tydens vanjaar se Wêreldbeker-toernooi. Foto: Cricinfo.

Die laaste keer dat die Proteas in ’n Wêreldbeker-wedstryd op Edgbaston gespeel het, was op 17 Julie 1999 – in ’n halfeindstryd wat die meeste ondersteuners maar eerder uit hul geheuebank wil wis.

Want op daardie dag het die groot Allan Donald/Lance Klusener-misverstand plaasgevind en in een oomblik van waansin het Australië vir die WB-eindstryd gekwalifiseer.

Hoewel gister se gebeure nie so dramaties soos 20 jaar gelede was nie, het die Proteas weer eens ’n wedstryd in die laaste boulbeurt van ’n Birmingham-kragmeting verloor, toe Nieu-Seeland hulle met vier paaltjies getroef het. Daar was drie balle in die wedstryd oor.

Die Proteas kon die Kiwi’s laas in 1999 in ’n WB-toernooi wen. Die Swartpette het die Suid-Afrikaners boonop in 2011 en 2015 uit die skouspel geboender; ’n tikkie geskiedenis wat homself waarskynlik weer gister herhaal het.

Op ’n bruin Edgbaston-kolfblad het die Protea-kolwers gesukkel; met net Hashim Amla (55) en Rassie van der Dussen (67*) wat noemenswaardige bydraes gemaak het.

’n Telling van 241/6 in 50 boulbeurte was altyd moeilikheidsoek teen die onoorwonne Kiwi’s.

Amla is gekritiseer vir sy stadige kolfwerk – hy het sy lopies van 83 balle geslaan – maar selfs Nieu-Seeland se Kane Williamson het sy honderdtal teen ’n treftempo van 76 geslaan.

Die 36-jarige Protea was saam met Van der Dussen die gom wat die SA kolflys aanmekaargehou het; met Quinton de Kock (5), Faf du Plessis (23), Aiden Markram (38) en David Miller (36) wat hul paaltjies op onnodige tye verloor het.

Chris Morris (3/49) en Kagiso Rabada (1/42) het hul bes met die bal gedoen, maar verskeie verspeelde kanse het die span kwaai gekniehalter.

David Miller het ’n maklike uithardloop-geleentheid verbrou, terwyl Quinton de Kock nie ’n vangkans van Imran Tahir se boulwerk na die TV-skeidsregter verwys het nie.

Op die grootskerm kon mens sien hoe die bal Kane Williamson se buiterand getref het.

“Dit is moeilik … Ons het vandag ons beste op die veld gegee en dit is al wat ek as kaptein van die span kan verwag,” het Faf du Plessis gesê.

“Ek is natuurlik ongelooflik teleurgesteld. Krieket beteken baie vir my en hierdie span se vertoning beteken ook baie vir my. Maar ek kan nie, wanneer ons wedstryde verloor, in die teenoorgestelde rigting begin hardloop nie.”

Du Plessis het bygevoeg die span sal aanhou veg en hul beste lewer in die komende wedstryde.

Die Proteas moet nog teen Pakistan, Sri Lanka en Australië speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gatvol ·

My opinie het hulle werklik probeer. Hulle is egter nie sterk genoeg om die beter spanne te troef nie. Miskien met die volgende wereldbeker, indien die dooie hout uitgesny word en n afrigter wat nie nonsens vat nie en nie net daar is om te skep nie.

Vraagteken ·

En wie mag dit wees???? Almal vergeet dat AB se houding heeltemal verkeerd was – hy sou nie ‘n verskil gemaak het nie!

Henk ·

Julle beste!?? Daar is n paar skoolspanne wat beter as julle sou vaar. Kry n kaptein. Nie een wat dink hy is n kaptein nie

CallieL ·

En hulle wou AB vir belaglike redes nie kies nie. Rugby is op dieselfde afdraand, ook besig om van die pad af te hardloop. Sleg omdit te doen maar baie gaan dit so stel, “told u so”.

Vraagteken ·

Ag asb, AB het nie verdien om in daardie span te wees nie.

Dis altyd cowards wat sê: “I told you so”.

d ·

kan ook nie verwag om goeie tellings te kry met 2 van die eerste 3 kolwers wat teen ‘n treftempo van minder as 70% kolf, veral as die 3e een met ‘n treftempo van 90+ vroeg uit is.

Pieter ·

Jy kan nie n T20 telling opsit en ver wag om dit in 50 beurte te verdedig nie

Vraagteken ·

Daardie baanblad was glad nie ten gunste vir kolfwerk nie. Die groot verskil kom in by die 4 kaanse wat Wiliamson ontvang het.

Slimjan ·

Moet ons nie dalk kyk na ons kwaliteit van krieket op plaaslike vlak nie? Ons kan kla oor die Proteas soveel soos ons wil, maar as dit die beste spelers is, dan moet ons dalk kyk na die strukture wat die spelers moet voorberei. Kyk na ons spelers, hulle doen goed in die plaaslike reeks. Ons standard is vrot want daar is weereens kwotas in die reeks. Die beste spelers word nie teen mekaar getoets nie!

Ben ·

Die verskil tussen Williamson en Amla se beurte is dat Williamson deur gekolf het en Amla nie.Daar is behalwe Reeza Hendricks nie werlik enige ander spelers in SA wat n verskil kon maak nie.Ons voedingsbronne het opgedroog aangesien die meeste gehalte spelers agv politiek eerder die pad vat om meer geld oorsee te gaan verdien. Ons het ons kanse gehad.In drie wereldbekertoernooie het die Kiwis ons elke keer afgestof.n Klein eiland met ongeveer vyf en n half miljoen mense wat ons elke keer n les in rugby en krieket leer.Colin Munro,Neil Wagner en Whatley,almal gebore Suid-Afrikaners,sou dalk nie eers die Protea span gehaal het nie!

Petrus ·

Faf kan blaf soos hy wil, maar hy sal as die swakste kaptien ooit in SA bekend staan. Ek weet die afrigter is pateties en het baie skuld aan die weereens “joke’ van SA krieket, maar Faf was op die veld. Faf het ook ‘n paar maande gelede gese dat hulle sonder AB die beker kan wen. Sluk jou woorde en trots. Hy het gevaal en AB moes soos ‘n Os du Randt vir rugby weer gehelp het om trots na SA te bring.

Duan ·

Swak veldplasings. Te verl beseerdes saam geneem. Reeza moes daar gewees het.

Swannie ·

Ek stem saam met jou! Faf se besluite op en af van die veld was SWAK, sy lyftaal het nooit gemoedsrus of kalmte aan sy spelers uitgestraal nie. Verkeerde besluite het ons duur te staan gekom.

Pottie ·

Lang storie langer…

Hierdie bende wat ons gestuur het om ons land te verteenwoordig verdien ontsagtlik baie geld om te doen wat hulle doen. Die uitslae was pateties vir mense wat die beste in hul veld moes wees.

As dit die beste is wat ons kon doen moes ons eerder ons borge al daardie geld spaar en maar ontrek het aan die cwc.

p kruger ·

wat verwag jy met n d span? ons beste skool spanne sal daai klom wen.

Yankee ·

Die game wat ek gekyk het hier in Washington, se iets. Hulle het hul bes probeer. Hulle het uitstekend gespeel. Julle wat so klippe gooi, get a life.

PIERRE ·

Stem saam met Yankee. Ons het wel onderpresteer, foute gemaak, maar hulle het probeer. Op die dag kon ons net sowel teen Indiee, Bangladesh en NZ gewen het. Bietjie luck is nodig, maar was net nooit vir ons.

Karl ·

Bly om te sien hy het die keer darm opgedaag en nie n world cup replacement gestuur om sy werk te doen nie. Faf, die is op jou, swak, patetiese kapteinskap. Maar ons gaan tekere op die veld met elke paaltjie (rabada) al is dit Afghan se tail enders. LOL. Die swakste Protea span nog ooit.

cb ·

Hulle moet maar vinnig huis toe kom anders gaan hulle dalk hulle vliegtuig kaartjies ook verloor

Spike ·

Jy en jou wit broers in die span, gaan soek ñ beter plek om te speel en los die comrades en kaders hier agter. Solank hulle sport wil beheer sal dit nooit goed gaan nie.

Cobus ·

Ons senior spelers het nie n ”teenwoordigheid” meer op die veld nie. Niemand is meer bang om teen ons te speel nie. Spelers is meer bekommerd of het ons genoeg tatoos en die nuutste haarstyl as om vas te byt en terug te baklei soos ons die Proteas ken nie. Verlang na Fanie de Villiers, Lance Klusener, Jonty Rhodes. Gaan dinge maar oor geld? Waar is ons trots?

corne ·

Ja wel as dit julle beste was weet ek ook nie meer nie.Kyk na die veite dit was n swak span wat gekies is en kla.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.