Proteas sê nee vir AB wat in WB wou speel

AB de Villiers se aggressiewe en innoverende spel sou baie vir die Proteas beteken het. Foto: Cricinfo.

Waarskynlik die beste eendagspeler wat Suid-Afrika nóg opgelewer het – dié man wat ’n honderdtal van 31 aflewerings geslaan het én ’n 150-tal van 64 balle (in die Wêreldbeker nogal) – was bereid om vir die Proteas in die huidige Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland te speel.

ESPN Cricinfo het vanoggend berig dat die 35-jarige De Villiers homself op die vooraand van die finale spanaankondiging beskikbaar gestel het om saam met die Proteas na Engeland te vlieg.

Hoewel hy reeds ’n jaar of wat gelede sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig het, was De Villiers nog vlymskerp in die afgelope Indiese Premierliga. Hy het 442 lopies teen ’n gemiddeld van 44.20 vir die Royal Challengers Bangalore geslaan.

Die Proteas het ’n rampspoedige toernooi tot op hede gehad. Nie net het hulle hul eerste drie wedstryde verloor nie, maar beserings aan Dale Steyn en Lungi Ngidi het ook hul voorbereiding lelik omvergewerp.

Met De Villiers daar sou die sukkelende kolwers leiding van een van die sport se legendes gekry het. Enige kolwer sal met meer vryheid en selfvertroue speel as hy weet De Villiers hou die bal aan die rol aan die anderkant van die kolfblad.

Sy vermoë om enige boulaanval in wêreldkrieket aan flarde te slaan is ongeëwenaar en hy kan letterlik enige innoverende hou speel. Maar helaas het dinge nie so uitgewerk nie.

De Villiers het met Faf du Plessis (spankaptein), Ottis Gibson (afrigter) en Linda Zondi (keurderbaas) gepraat, maar die spanbestuur het gevoel dat dit onregverdig jeens ander spelers en die keurkomitee sou wees om die uitgetrede superster vir die Wêreldbeker te oorweeg.

“Ek het gepleit dat AB nie in 2018 moet uittree nie. Hoewel daar ’n persepsie was dat hy gekies het watter toernooie hy sou speel of nie speel nie, was dit hoegenaamd nie die geval nie. Ons het hom egter die opsie gegee om sy speellas voor die Wêreldbeker te monitor, sodat hy vars in Engeland sou wees,” het Zondi gesê.

Zondi-hulle het dit glo duidelik gestel dat De Villiers in die tuisreekse teen Sri Lanka en Pakistan moet speel om in aanmerking vir die Wêreldbeker-span te kom, maar hy het gesê hy het homself by sy beslissing om uit te tree berus.

“AB het ’n reusegaping in die span gelaat toe hy uitgetree het en ons moes spelers op franchise-vlak soek om daardie gaping te vul. Ons het spelers wat baie hard gewerk het om vir die WB-groep gekies te word en hulle het hul geleenthede verdien. Ons moes regverdig wees jeens die spelers, die span, die franchise-stelsel en die keurkomitee.”

“AB is sonder twyfel een van die beste spelers ter wêreld, maar ons moet getrou bly aan ons waardes.”

Zondi het bygevoeg dat die span reeds gefinaliseer was toe De Villiers homself beskikbaar verklaar het.

  • Intussen het De Villiers op Twitter gesê dat Suid-Afrikaners die Proteas moet aanhou ondersteun.

“Daar moet nog baie water onder deur die brug vloei en ek glo hulle kan dit ver bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juandre

Nee wat AB jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter wil hê nie. Ek was toe al die tyd reg gewees ek het geweet hy gaan homself beskikbaar stel vir die Wêreldbeker en sowaar daar doen hy dit toe. “Nee hy is te moeg gewees vir internasionale krieket” dit was sy verskoning maar hy is so arrogant om te dink hy gaan net weer vinnig in die span instap vir die wêreldbeker. Ja hy is goed en talentvol ek ontken dit nie maar ek speel eerder al my wedstryde sonder hom en verloor as wat ek hom dan… Lees meer »

Judge Dredd

……en Wereldbeker wen se nee vir Protea span.

chante

baie ware kommentaar gehoor vandag op die radio

daar is nog hoop vir die krieket span

die ashoop

Skies maar dit kom vir my voor sy was reg

Nico

Net ‘n paar dae gelede het AB nog gal gebraak omdat hy meen hy is onregverdig daarvan beskuldig dat hy selektief gekies het waar en wanneer hy wil speel. Hy het self besluit om uit te tree maar wil op die vooraand van die wêreldbeker net in die span instap. AB het ongelukkig groter as die spel geword. IPL 20 is nie wêreldbeker krieket nie. Geld jag in die T20 reekse oor die wêreld heen was vir hom ook belangriker en dit nadat hy gesê het hy wil meer by sy gesin wees. Neewat AB jy bly maar nog selektief… Lees meer »

Gertjie

Kom ons wag tot almal hulle kant van saak stel tot ons oordeel . Dalk is hy deur kaptein en afrigter gevra om beskikbaar te stel . Faf , AB en Gibson het nog nie een kommentaar gelewer slegs Zondi van keur kommitee en ek glo nie juis aan hul geloofwaardigheid