Proteas se pak slae het aan die Bokke herinner

Asof Suid-Afrika se vertoning nie op sigself  ʼn skande was nie, het die skeidsregters Sondag die belaglikheid verder gevoer met die etenstyd wat geneem is toe daar nog net twee lopies deur Indië benodig is om te wen.

Die vertoning van die Proteas in die eendagwedstryd op SuperSportpark was swakker as baie van die Springbokke se rugbyvertonings verlede jaar en kan seker vergelyk word met die slagting van 57-0 deur Nieu-Seeland in Albany.

Die Proteas is vir net 118 uitgehaal – hulle swakste telling nóg op SuperSportpark, en hul laaste eendagtelling teen Suid-Afrika wat ʼn loesing van nege paaltjies beteken het.

En nee, die Bokke se afrigtingspan was nie by die Proteas se voorbereiding betrokke nie …

♦ Indië het net een paaltjie op pad na die teiken van 119 lopies verloor en was op 117 toe die spelers vir etenstyd van die veld is. Dit was onverstaanbaar en kan niks vir die advertensie van die spel doen nie.

♦  Die tuisspan se kolwers het al tien paaltjies vanaf 39/0 tot 118 almal uit vir net 79 lopies verloor nadat Hashim Amla (23) en Quinton de Kock (20) saam 39 lopies om die eerste paaltjie aangeteken het. Die laaste vyf paaltjies het vir 11 lopies gekantel.

JP Duminy (25) en Khayelihle Zondo (25) het darem ook so ietsie bygedra met Yuzvendra Chahal’ wat 5/22 geneem het. Dit was die tweede beste syfers nóg deur ʼn draaier in ʼn eendaagse wedstryd in Suid-Afrika naas Nicky Bojé se 5/21 teen Australië in 2002 op Nuweland.

Dit was ook die Proteas se tweede laagste telling teen Indië ná die 117 in Nairobi in 1999.

Die kolfbeurt het net 32.2 boulbeurte geduur.

Dit is duidelik dat Suid-Afrika teen draaiers sukkel. Van hul 17 paaltjies wat tot dusver in die eendagreeks se twee wedstryde geval het, het die draaiers 13/151 (gemiddeld 11,61 per paaltjie) geneem teenoor die vinniger manne se vier paaltjies vir 233 lopies (gemiddelde 58,25 per paaltjie).

Asof die kolwers se mislukking nie genoeg was nie, het die Proteas se boulers nie minder nie as ses wydlopers afgestuur, en Virat Kohli (48 nun), Rohid Sharma (15) en Shikhar Dhawan (51 nun) het net 20.3 beurte nodig gehad om die benodigde 119 aan  te teken.

Vir die volledige telkaart, klik hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Krieketman ·

Wie is die Proteas se afrigter nou weer? Dalk moet hulle hom Allister….

Leeu ·

Dié was nie die afrigter nie, die was n patetiese kaptein, patetiese verskonings vir die verloor, swak kolfwerk, nie eers te praat van veldwerk en bowling nie.

RB ·

Hul het nou net die afrigter in die pad gesteek…die nuwe ou het nou net begin. Maar hul sal vinnig moet sokkies optrek vir die res van die reeks.

Boerseun ·

Niks met die afrigter te doen. Die diepte van speller is net nie daar nie.

De Villiers en Du Plessie se awesigheid wys dit duidelik uit. dit laat Amla en De Kock as die “kingpins” wat moet 100 talle tussen hulle kry of
SA gaan meer verloor as wen.
Miller het nog nooit sy plek regtig gevestig nie en duminy sukkel ook maar nog altyd op die international arena. Dan gaan maak hulle nog n jongeling wat die ander talentvolle kolwer is (maar nog nie op AB an Fav se vlak) kaptein so laai hom met die druk. Gooi nog n nuweling in en jy het n resep vir a disaster sou die wiele af kom. Nugter weet hoekom n ou soos Behardine nie speel nie.

Chris ·

Proteas se vorm weerspeel wat ons sien in die keuses van ons hervormde provinsiale spanne.

Nederlan ·

Hier kom die Saffa verskonings. Wel, de kock, duminy, morris, amla, zondo, morkel, aiden, wat maak hulle daar? Aiden het net perform teen Zim en Bangladesh, en hy word kaptein, u/19 is n ander ballgame as die, GEEN leierskap eienskappe nie. Hy moes n captains innigs speel, kyk na smith, kohli, faf, maar nee hy probeer sesse slaan. SWAK.

Henk ·

Die proteas is mos kwaad omdat ksa hulle kontrakte so verander dat die stert nie langer die hond swaai soos in die nar smith se tyd nie! Dit verduidelik dan ook hulle powere vertonings op die veld.

Nee Henk ·

Nee wat Henk, stem nie saam nie. “Die Nar” Smith het baie vir ons krieket beteken en onder sy kapteinskap was ons nommer 1 in all vorme. Kyk wat sê Chris hierbo, die probleem le by Transformasie wat skokkende spel en spelers oplewer in ons plaaslike krieket.

Henk ·

Aan “Nee Henk” – as hierdie dan nou transformasie se probleem is, dan kan ek nou nie die kloutjie by die oor kry nie. Amla 23, Kock 20, Markram 8, Miller 0, Morris 14, Morkel 1 Zondo 25. Kom ons praat dan nou transformasie – ons haal vir Amla en Zondo uit die prentjie dan verduidelik jy vir my HOE kan transformasie maak dat Kock, Markram, Miller en Morkel saam nie eers kan kry wat Amla en Zondo op die bord gesit het nie. VYF van die span wat dan nie transformasie spelers is nie. En WAT het transformasie met hierdie vyf manne se swak kolf prestasie uit te waai? Suid Afrikaners is te gemaklik met transformasie as verskoning – klink soos die ANC wat apartheid die skuld gee vir al hulle mislukkings.

Eish ·

Die Proteas toon merkwaardige ooreenkoms met die presidensie. Die rekord sê hul is no 1, maar in der waarheid is die Indiërs in beheer.

RB ·

Hahaha! Uitstekende kommentaar…as daar nou net ‘n +1 knoppie was.

Peet ·

en nou’s nog n speler “beseer” julle 4tjies moet maar vinnig gesond raak, die IPL is naby, julle wil seker reg wees teen dan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.