Proteas se Wêreldbeker-wiele begin nou lelik afval

Die Indiese boulers het onder die Suid-Afrikaanse kolwers in Southampton baljaar. Foto: Cricinfo.

Eers was dit Anrich Nortje wat nie vir die Wêreldbekertoernooi beskikbaar was nie. En toe word die beseringswolk wat bo Dale Steyn gehang het ’n allemintige donderwolk wat gesorg het dat ellende op die Proteas neerreën.

Faf du Plessis het voor vandag se kragmeting teen Indië gevra dat die senior spelers sterk te midde van die Protea-krisis moet staan.

Skaars 23 boulbeurte later of Quinton de Kock (10), Hashim Amla (6), JP Duminy (3) én Du Plessis (38) is terug in die kleedkamer.

Die snelbouler met die onortodokse aksie, Jasprit Bumrah, het van De Kock en Amla ontslae geraak, voor Indië se draaiers die lopiekrane behoorlik toegedraai het.

Rassie van der Dussen het met ’n omgekeerde veeghou sy paaltjie verloor en Faf du Plessis is ’n paar aflewerings later skoongeboul. Yuzvendra Chahal het albei paaltjies binne een boulbeurt geneem.

JP Duminy het sy treurmare teen draaiboulwerk voortgesit, toe hy b.v.p. deur Kuldeep Yadav betrap is.

Die hartseerste is dat dit reguit aflewerings is wat een te veel vir die SA kolwers is. Die bal hoef nie eens te draai nie, en hulle lyk so verskrik soos lompe Jannie wat vir Sannie na die matriekafskeid vra.

David Miller en Andile Phehlukwayo het hul bes gedoen om die kastaiings uit die vuur te krap, maar Chahal was ook een te veel vir hulle.

Dit is egter tyd dat die Proteas se topordekolwers ook deel van die partytjie word.

Lyk Suid-Afrika of hulle die wedstryd gaan wen? Weet nie. Waarskynlik nie. Ons hoop maar so.

Lyk dit asof hulle vir die uitspeelrondes gaan kwalifiseer? Nee.

  • Die jongste telling is 170/7 nà 41.4 boulbeurte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Judge Dredd ·

Ten minste is die Proteas nou nie meer “chokers” nie.

But L stands for?……………..

Jaco ·

Verlepte proteas is waarna ons sal moet kyk vir die res van die Wereldbeker! Sterkte!!

Ai. ·

Waar is James van Nz ? Geniet jy nogsteeds die vernederende drag pakslae nae pakslae en die voortslepende amateuragtige getjommel van die verlepte proteas??Stuur hul huistoe, hul verdien nie n sent van daai geld wat hul ontvang nie!…Genoeg skade is al berokken…oe wag daar is mos nie trots nie…Ja wel wat kan jy verwag van om n f span in te stuur na n wereldbeker toe…Fire die hele lot!! Wat n vernedering…

Riaan ·

Uselessssss verby 3 in n ry verloor, die verlepte groep gaan alles verloor, hoop ook hulle verloor alles.

TN ·

Kwotas , pensionarisse en ‘n arrogante kaptein ___ resep vir alles behalwe oorwinning !

Loosers ·

Dit kry jy nou wanneer jy kwotas moet gebruik.
Die Bokke gaan dieselfde pad loop…..

Koos ·

Rabada en phulhwekwayo het van die meeste runs en dit is 2 boulers. Wat van miller en steyn wat ook nie daar hoort nie. Duminy en amla ook nie maar markham het ook nog niks op odi internasionale verhoog uitgerig nie. Nie kwotas nie eerder swak keuses oor die algemeen

Vraagteken ·

Almal vergeet van die grootste kwota van al, die AFRIGTER. Hy het niks in Engeland reggekry nie en hy kry niks hier reg nie.

Ja, Miller sukkel so bietjie maar sy gemiddeld is 43 oor die afgelope 9 wedstryde. Duminy aan die ander kant se gemiddeld is 20 oor die afgelope 9 wedstryde. Gooi vir Duminy uit en bring vir Pretorius in, en gooi vir Amla uit en bring vir Markham in (o ja, ieweskielik voldoen ons nie meer aan die kwota mandaat nie). Sien Koos, kwotastelsels beïnvloed ons span baie.

kolla ·

Daar is geen kwotas in die span nie, net half-fikse en spelers wat nie op vorm is nie. Voeg daarby dat hierdie betrokke span in elk geval nie eintlik oor wereldsterre beskik soos ons vorige spanne nie en jy het die resep vir ‘n onsuksesvolle toernooi.

kolla ·

Joe – nee, ek dink nie so nie. Die beste beskikbares is gekies (behalwe ‘n beseerde soos Steyn wat nie gekies moes word nie). Ons kon ‘n fikse speler in Steyn se plek in van die wedstryde gespeel het want Steyn se plaasvervanger het nou eers na 3 wedstryde opgedaag.

Anton Smith ·

Kom huis toe Proteas!!Julle maak skandes!!Ergste Wêreldbeker OOIT vir SA!!”Prove me wrong!?”

Walter ·

Terwyl daar kwota spelers gekies word net om kwota te forseer sal die beste spelers vir die span nie speel en ons sal nie wen…

Ep ·

Wat soek Duminy daar … o jaaa die kleur skema Wat n gemors van lot kwotas sit ons mee Nee regtig dis n skande

Kol ·

Proteas was n goeie span… n Jammerte. Kry maar die WB agter die rug. As jul terug kom, begin van voor en miskien n nuwe coach sal help. Kry McKenzie terug vir jul kolf werk (sekera te laat)!!

Pa Teties ·

Jy kan nie met “has beens” , beseerde spelers en paloekas speel nie! Die keurders kies die span , nou sit hulle agteroor. Gelukkig weet ander lande waarom ons sport so agteruitgaan!!!

Avokado ·

Almal wat so tekere gaan oor kwotas: dit was nie die kwotaspelers wat vangkanse verbrou het nie.

kolla ·

Duminy speel al jare vir die Proteas sowel as Amla. Albei het baie meer vir die span oor die jare beteken as byvoorbeeld ‘n Miller. Eintlik was net De Kock en Du Plessis die kolwers wat met goeie vorm die toernooi ingegaan het. Stem saam met die afrigter, jy het ernstige ouens soos Gary Kirsten, McKenzie, Kallis nodig om die gemors met die kolfwerk aan te spreek. Hou ook in gedagte dat die hoofafrigter eintlik ‘n bouler is.

JohanL ·

Kwotas? Dink nie ons kan regtig kla oor kwotas met hierdie span nie. Name wat rondgegooi word deur mense is byvoorbeeld Duminy. Duminy is nie ‘n kwotasspeler nie en het homself al bewys as ‘n talentvolle speler. Dalk nie op vorm nie – ja. Net so hoort Rabada daar. Waar kwotas wel ‘n rol speel is dat kwotas SA krieket in die algemeen verswak het deurdat kwaliteit spelers hul heil oorsee gaan soek het en die poel waaruit gekies kan word verklein. Ja – daar speel kwotas ‘n rol en dit is ‘n euwel.

Amla moes nooit gegaan het nie – eerder Reeza Hendricks. Die spel krieket is van so aard dat jy nie altyd lopies gaan kry nie. Statisitek wys meeste top kolwers kry 1 uit elke 3 keer of ‘n 50-tal of ‘n 100-tal maw omtrent elke 2de wedstryd. My punt is dat Hendricks steeds op beter vorm was en moes gegaan het.

Weet nie hoekom daar gister 2 draaibalboulers gespeel is teen Indie wat dit goed speel nie. Moes eerder Pretorius gespeel het (gegee al die beserings) en dan het ons een kolwer meer gehad. Shamzi kan glad nie kolf nie.

In CWC1992 (dieselfde formaat) het die 4de kwalifiseerder (Pakistan) 4 uit 8 wedstryde gewen. Ek het al hier geskryf met 2 verlore sal jy kwalifiseer. Wie weet dalk, net dalk kan mens tog met 3 verlore kwalifiseer. Maar dan moet ons AL ons orige wedstryde wen wat bitter moeilik gaan wees.

Vraagteken ·

Ek stem 100% saam met alles wat jy sê behalwe vir een ding, Duminy IS ‘n kwota speler.

Judge Dredd ·

Stem saam.
Dis nie soseer die individueel wat ‘n kwota is as wat dit die kwota stelsel is wat maak dat SA Krieket in algemeen(menige persone) verswak word.(Diepte/talent/bestuurs vaardighede)

Herman ·

KSA se grootste probleem is nie die ver onder gemiddelde swak span wat hulle gekies het nie – hulle gaan nou nog meer sukkel om hulle skuld te betaal

Andreas ·

JohanL, die spelers is van skooldae af deur gesif en aan kwotas onderwerp. so het dit gevorder tot waar hulle nou is en dan word daar gesê daar is nie een kwotaspeler in die span nie. Maar kyk watter manne van ons speel in die oorsese spanne, eendag, of toets. Kyk noord.

Sandra ·

Die Proteas is aan kwota verbind nie, gaan lees ‘n maand of wat terug. Hulle kies “in/in form” spellers. Net jammer die gekose laat veel te wense. Hul body language aan die begin van die reeks het al goeie aanduiding gegee dat daar nie dringendheid was nie. Need I say more? Steyn moes ook nie daar wees nie, sy dae is getel. Nou ontneem hy iemand van die geleentheid om te kon skitter. Kom huistoe voordat julle heeltemal naam weggooi.

Griet ·

Hulle is NIE Proteas nie, hulle is ‘n ontwikkelingspan, hulle sal teen ‘n Hoërskool span “choke”……..

Andreas ·

Ek lees nou so vir Duke, die skimmelperd, wie se span Engeland is, jou kommentaar, en daar skud hy die kop woes op en af soos hy saamstem, kom op die agterpote en runnik dat mens hom wie weet waar kan hoor.

En nou? ·

Kom ons begin ‘n nuwe Protea fire compaign! Fire all Proteas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.