Proteas staan sterk ondanks verlies van aanvangskolwers

Vernon Philander (Facebook Vernon Philander – Cricket Shots)

Toe maak Indië Saterdag soos Suid-Afrika op die eerste dag en verander ʼn vrot telling na een wat hulle weer hoop kon gee. Maar dit lyk nie genoeg nie …

Danksy ʼn goeie begin in hulle tweede kolfbeurt, het die Proteas teen uitskeityd met ʼn voorsprong van 142 lopies en agt paaltjies staande teen uitskeityd sterk gestaan.

Die Proteas het Saterdagoggend meer as 17 boulbeurte lank gesukkel om Indië se uitskeitelling van 28/3 met uitskeityd na 65/2 te verander. Indië het later, met die snelvuur van die Proteas, op 92/7 gelyk of hulle teen die planke was.

Maar toe het Hardik Pandya, soos die Proteas se middelorde en stert Vrydag, teruggeveg en met ʼn skitterende 93 in 95 balle sy span in die prentjie gehou en die telling ná 209 help voer. Hy is goed bygestaan deur Bhuvneshwar Kumar, wat 34 balle geneem het om sy eerste lopie aan te teken en is eindelik na 86 balle en feitlik twee uur se kolfwerk vir 25 uitgehaal.

Wat vroeër na ʼn moontlike voorsprong van 150 lopies vir Faf du Plessis-hulle gelyk het, was uiteindelik ʼn meer beskeie 77 lopies-voorsprong.

Die vier snelboulers van die Proteas het al tien paaltjies geneem. Vernon Philander (3/33), Kagiso Rabada (3/34), Dale Steyn (2/51) en Morné Morkel (2/57) het die vertroue van die afrigter Otis Gibson in sy vier snelboulers dubbel en  dwars geregverdig.

Keshav Maharaj het net ses beurte geboul en sal in die tweede beurt ongetwyfeld ʼn belangrike rol speel.

♦  Suid-Afrika het die voorsprong teen die einde van dag twee na 142 gerek met agt paaltjies staande.

Aiden Markram, met 34 in 43 balle insluitend sewe viere, was pragtig op stryk toe hy ʼn skrams trekhou gespeel het en tien balle later is Dean Elgar (25) agter die paaltjies uitgevang.

Rabada, as nagwag, en Amla wat toe maar in Elgar se plek kom kolf het, het die 20 oorblywende balle met sukses afgeweer en is op 65/2 stewig in die saal.

Vir die volledige telkaart en statistieke, klik hier: http://www.espncricinfo.com/series/18065/scorecard/1122276

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos1 ·

Het SA dan na uitskeityd vir Indie ‘n paaltjie terug gegee?
28/3 na 65/2?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.