Proteas stel stewige wenteiken

Tazmin Brits en Marizanne Kapp. Foto: Marco Longari/AFP.

Engeland sal teen meer as agt lopies per boulbeurt moet kolf as hulle die Protea-vrouekrieketspan in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbeker wil klop.

Tazmin Brits en Laura Wolvaardt het die grondslag vir die Suid-Afrikaners se telling van 164/4 in hul 20 boulbeurte gelê toe hulle 96 lopies om die eerste paaltjie aangeteken het.

Brits het ʼn rapsie meer aggressief gekolf en sy het agt grenshoue – waaronder twee sesse – in haar beurt gemoker.

Hoewel die Proteas binne die bestek van twee boulbeurte ʼn paar paaltjies verloor het, het Marizanne Kapp die langsteel ingelê om 27 onoorwonne lopies vanaf slegs 13 aflewerings te moker.

Die Suid-Afrikaners sal egter op hul stukke in die veld moet wees as hulle vir Sondag se eindstryd teen Australië wil kwalifiseer.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 164/4 in 20 boulbeurte: Tazmin Brits 68, Laura Wolvaardt 53 en Sophie Ecclestone 3/22.

  • Spanne:

Suid-Afrika: Laura Wolvaardt, Tazmin Brits, Marizanne Kapp, Chloe Tryon, Nadine de Klerk, Suné Luus (kaptein), Anneke Bosch, Sinalo Jafta, Shabnim Ismail, Ayabonga Khaka en Nonkululeko Mlaba.

Engeland: Danni Wyatt, Sophia Dunkley, Alice Capsey, Nat Sciver-Brunt, Heather Knight (kaptein), Amy Jones, Sophie Ecclestone, Katherine Sciver-Brunt, Sarah Glenn, Charlie Dean en Lauren Bell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.