Proteas teen Aussies: Kaartjies vanaf R100 beskikbaar

David Miller en Rassie van der Dussen. (Foto: Jewel Samad/AFP.)

As iemand jou sou vra wat jy alles nog met R100 kan doen, het jy beslis ʼn “nie te veel nie”-antwoord gereed.

Maar dit was voordat die kaartjiepryse vir die komende T20-reeks tussen die Proteas en Australië bekend gemaak is.

Suid-Afrika speel vanaf 30 Augustus in drie T20- en vyf eendagkrieketwedstryde teen die besoekende Aussies.

En volgens Krieket Suid-Afrika (KSA) kan die duurste kaartjie vir een van die T20-kragmetings in Durban jou R300 uit die sak jaag, terwyl ʼn sitplek op die graswalle tussen R100 en R150 kos.

Dit wedstryde sal as van die Proteas se laaste voorbereidingswerk vir die komende Wêreldbeker dien. Temba Bavuma se span het vroeër – danksy hul oortuigende vertonings teen Nederland én reënweer wat ʼn stokkie voor die wedstryd tussen Ierland en Bangladesj gesteek het – vir die vyftigboulbeurtskouspel in Indië gekwalifiseer.

Spanne wat reeds vir die Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer het:

Indië, Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan, Australië, Bangladesj, Afghanistan en Suid-Afrika.

  • Wedstrydbepalings vir die reekse teen Australië:

T20-reeks:

30 Augustus in Durban – wedstryd begin om 18:00

1 September in Durban – wedstryd begin om 18:00

3 September in Durban – wedstryd begin om 14:00

Eendagkrieketreeks:

7 September in Bloemfontein – wedstryd begin om 13:00

9 September in Bloemfontein – wedstryd begin om 13:00

12 September in Potchefstroom – wedstryd begin om 13:00

15 September in Centurion – wedstryd begin om 13:00

17 September in Johannesburg – wedstryd begin om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Ek soek nie eens ʼn kaartjie verniet nie behalwe as dit saam met ʼn Aussie ondersteuners pak kom. Dan sal ek miskien gaan kyk sou ek in die omgewing wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.