Proteas terug van hul kultuursafari

Foto: Twitter.

’n Gevoel van aanvaarding, empatie en respek is van die belangrikste waardes waarop die Suid-Afrikaanse krieketspelers gedurende hul kultuurkamp in Skukuza gefokus het.

Die kamp is deur 32 spelers – onder wie 16 spelers met nasionale kontrakte – bygewoon. Volgens Khomotso Volvo Masubelele, die Proteas se spanbestuurder, was die kamp reeds sedert die aanvang van verlede seisoen in die bestuurspan se visier.

“Die plan was om die kamp vóór die toer na Sri Lanka aan te bied, maar die wêreldwye Covid-19-pandemie het ’n stokkie daarvoor gesteek,” het Masubelele gesê.

Krieket Suid-Afrika (KSA) is die afgelope paar maande in ’n warboel. Bewerings van wanadministrasie deur bestuurslede, ’n swak vertoning gedurende verlede jaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland, stories van beweerde rassisme, die Black Lives Matter-beweging en ’n sportminister wat die nasionale beheerliggaam se toewyding tot transformasie – veral op bestuursvlak – bevraagteken, het gesorg dat KSA al dieper in die dryfsand wegsink.

En anders as in ’n Indiana Jones-film, lyk dit nie asof daar in die onmiddellike omgewing ’n hulpmiddel is waarmee hulle hulself uit die gemors kan trek nie.

Maar onder die Laeveldse laatwinterson het die spelers en ander rolspelers oor die pad vorentoe gesels. Van die besprekingspunte was onder meer die Proteas se identiteit as span in hul kapasiteit as verteenwoordigers van ’n diverse nasie, sowel as die spanomgewing. Hul vertonings van en op die veld het ook aandag geniet.

“Ons moet ’n omgewing skep waar spelers met vrymoedigheid kan sê hoe hulle voel en hulself in ander se skoene kan plaas. Hulle moet mekaar ondersteun en nie net dinge vanuit hul eie perspektief sien nie.

“Die spelers het gewys dat hulle oor die vermoë beskik om moeilike gesprekke te voer, terwyl hulle ook na mekaar kan luister om mekaar se sienings te verstaan, eerder as om te reageer.”

Spelers word aangemoedig om respek vir hulself, mekaar en die Protea-wapen te hê.

“Dit is ’n voorreg sowel as ’n verantwoordelikheid vir die Proteas om die mense van Suid-Afrika te verteenwoordig, maak nie saak waar hulle hulself bevind nie.”

Tot dusver is dit onbekend wanneer die Protea-mans weer in aksie sal wees, maar ’n paar spelers is deel van die komende IPL-toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andre ·

Nee wat.Die dae van krieket,rugby ens is verby.Stel nie belang nie.

Fritz ·

Is hulle geleer om nie die rassekaart te speel sodra hulle nie vir ‘n span gekies word nie?

Mauritz ·

Hulle het seker geleer hoe om te kniel en ‘n gebalde vuis in die lug rond te swaai.

Anoniem ·

Dit is mos deesdae die belangrikste aspek van sport, kniel en vuis in die lug.

Kiepie ·

Ek wonder of daai stukkie van “vrymoedigheid om te kan sê hoe hulle voel” en “hulleself in ander se skoene te kan plaas” en veral “nie net dinge vanuit hulle eie perspektief te sien nie” in alle rigtings geld of is dit weer ‘n eenrigting straat? Net omdat jy tenagekom voel beteke nie werklik jy is tenagekom nie.

JBN ·

Ek sal enige ander span ondersteun wat teen n saamgeflansde kwota proteaspan speel.
#VoetsekANCProteas

Judge ·

Het seker geleer dolosse gooi om ‘n beter wereldbeker uitslag te probeer kry.

Niklaas ·

As ek tans nog ‘n vurige krieket ondersteuner was , het ek dalks simpatie gehad met hulle. Maar na al die BLM buigings en snert , voel ek vere vir hulle. Ona land sal beslis baat vind met ‘n ander Minister van Sport . Meer uitlatings in dier voege wil ek nie lewer nie.

david ·

Klink vir my na ‘n tipiese Kommunistiese Indoktrinasie kamp.
BLM en die rassekaart was net handige verskonings vir die beheptheid
met rassehaat.
Dit is eintlik die verskil tussen Kommunisme en Nazisme—die Kommuniste
was nie behep met ander rasse nie, die Nazis wel
Opmerk dat lande waar BLM inslag gevind het, was daar ‘n swart minderheids
komponent.
Maar in SA ? Hier het die swartes ‘n 9 teen 1 getalle oorwig…..en om dan
die BLM filosofie hier te propageer met die intensitieit wat ons gesien het–
is vermetel om die minste te se……
Hierdie kamp is net nog ‘n bewys dat die Proteas net ‘n politieke uitnodigingspan is
Totsiens SA krieket, Genadiglik kan mens nog die ander lande se politiesvrye spanne
in aksie sien.

Kokerboom ·

Heerlike vakansie…wie bluf vir wie? Wat my betref bestaan die Proteas nie meer! Alles gaan in elk geval oor hul eie sakke. Nie lank of Swart spelers vind weer ‘n rede tot afpersing en simpatie soek. Verswart maar span 100% en laat jong Blanke outjies oorsee speel!

Jr ·

Stel nie belang. Gaan my deel doen om julle bankrot te maak. DIT BELOWE EK JOU.

Genis ·

Nee wat ek stel nie belang nie… Alles gaan oor hoe mens swart kultuur moet ophewe.. Kyk na die toestant van die land… Opgehewe ANC…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.