Proteas toer binnekort na ‘mededingende’ Ierland

Foto: Twitter.

Die Protea-krieketspan sal vir die eerste keer in meer as 15 jaar Ierland besoek wanneer hulle in Julie ’n paar eendag- en T20-wedstryde teen die gasheerland sal speel.

Die Suid-Afrikaners het laas in 2007 ’n blitstoer na Ierland gehad. Vernon Philander het sy Protea-buiging in daardie einste reeks gemaak.

“Die toer is die begin van ’n belangrike nuwe hoofstuk in ons geskiedenis; juis omdat ons een van die beste ontwikkelende krieketlande besoek,” het Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Graeme Smith, gesê.

“Ierland het in die afgelope paar jaar gewys dat hulle uiters mededingende teenstanders is. Daarbenewens bied dit ook vir ons spelers waardevolle internasionale blootstelling in onbekende omstandighede.”

SA se Tabraiz Shamsi in aksie. Foto: (AP Photo/Altaf Qadri)

Die Proteas het sopas ’n mik-en-mokerreeks met 2-1 teen Pakistan verloor en volgens die jongste T20-rangslys is die Suid-Afrikaners nou die vyfde beste span op die internasionale verhoog.

Tabraiz Shamsi, wat met sy ses paaltjies teen ’n gemiddeld van 10,16 ’n skitterende reeks agter die blad het, is nou die tweede voorste T20-bouler in wêreldkrieket.

  • Bepalings vir die toer na Ierland:

11 Julie 2021: Eerste eendagwedstryd in Malahide

13 Julie 2021: Tweede eendagwedstryd in Malahide

16 Julie 2021: Derde eendagwedstryd in Malahide

20 Julie 2021: Eerste T20-wedstryd in Malahide

22 Julie 2021: Tweede T20-wedstryd in Stormont

25 Julie 2021: Derde T20-wedstryd in Stormont

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chrisp

Gelukkig is die gras lekker sag op die knie in die groen eiland .

Johannes

Goeie genade. Ireland word 11de in die wêreld gereken in die korter formaat.

Mededingend sê KSA?

Christo

Desperaat om te wen?

Dirk Mostert

Die Proteas moenie die Iere onderskat nie. Op pad soontoe kan hulle opwarm-wedstryde teen Tristan da Cunha en St. Helena speel.

Harry

Wonder net of Graham hom weer uitverkoop vir geld soos met die Sahara rekenaars (Gupta familie) saga? Ek vertrou hom glad nie!