Proteas toer nie meer in Junie na Sri Lanka

Quinton de Kock in aksie teen Sri Lanka. Argieffoto.

Krieket Suid-Afrika (KSA) en Sri Lanka Krieket (SLK) het vandag aangekondig dat die Proteas se toer na die eiland-land in Junie afgelas is.

Die Suid-Afrikaners sou drie eendagwedstryde en drie T20-kragmetings teen Sri Lanka gespeel het. Die vyftigboulbeurt-wedstryde sou die Proteas se eerste proesel van die Internasionale Krieketraad se nuwe eendag-liga gewees het.

“Dit is baie hartseer dat hierdie stap gedoen moes word. Ons sal die toer herskeduleer sodra krieketverrigtinge weer na normaal terugkeer en die internasionale kalender dit toelaat,” het KSA se waarnemende uitvoerende hoof, dr. Jacques Faul, gesê.

“Ons Proteas sou nie ordentlik kon voorberei as jy ons staat van inperking-situasie in ag neem nie. Maar die gesondheid en welstand van ons spelers was egter die deurslaggewende faktor.”

Volgens dr. Faul sou die toer van onskatbare waarde gewees het, nie net in terme van die span se voorbereiding vir die T20-wêreldbeker in Australië nie, maar ook om die eendag-liga op ’n goeie noot te begin.

“Dit is baie frustrerend vir ons spelers wat graag op die momentum van die afgelope tuisreeks teen Australië wou voortbou.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.