Proteas trap Indië se tjank af

Quinton de Kock tydens ‘n oefensessie (21 September 2019) (Foto: ANI Photo)

Daar is darem nog skop oor in Suid-Afrikaanse krieket.

Met die T20-kaptein, Quinton de Kock (79*), sy aanvangsmaat, Reeza Hendricks (28) en Temba Bavuma (27*) aan die spits, het die Proteas Sondag in Bengaluru die derde T20-wedstryd teen Indië op ʼn drafstap met nege paaltjies gewen.

Die reeks van drie wedstryde het dus met 1-1 gelykop geëindig, nadat die eerste wedstryd in Dharamsala uitgereën het en Indië die tweede kragmeting in Mohali gewen het.

Indië kon Sondag net 134/9 in sy 20 boulbeurte aanteken nadat die kolfmasjien Virat Kohli (9) nie geolie was nie. Kohli is die gom van die Indiese span en as hy die dag nie lopies aanteken nie, verkrummel die res.

Kagiso Rabada (3/30) en Beuran Hendricks (2/14) het met die bal uitgeblink.

Suid-Afrika het by 140/1 in slegs 16.5 boulbeurte uitgekom.

De Kock, wat in Mohali 52 lopies aangeteken het, het Sondag slegs 52 balle ontvang en ses viere en vyf sesse gemoker. Hy is as speler van die reeks aangewys.

Beuran Hendricks was speler van die wedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Werner ·

Quinton de Kock het twee prag-beurte van 52 en 79 gespeel. Lekker kykgenot.

Kiepie ·

Gelukkig het die eerste wedstryd uit gereën anders het almal weer gesê dis omdat hulle reeds die reeks verloor het en daar geen druk op was nie dat hulle so goed gespeel het. Nou het hulle bewys hulle kan ook onder druk presteer. Miskien is ons maar net ‘n span wat hoe later hoe kwater speel.

Merie Perd ·

Regtig jonathan?
Kyk mooi watter span op die veld is. Die”chokers” Amla, De Villiers en Faf is nie daar nie. Die is die bes geballanseerde span wat ons op die oomblik in SA het. Nou moet ons net baie Internasionale blootstelling kry, maak nie saak wen of verloor nie. Ons moet net hiervandaan vorentoe die jong spelers wat besig is om deur die stelsel te kom groot te maak vir n blink krieket toekoms. Hou so aan manne en wys die doemprofete julle kan.

JohanL ·

Interessant – as Proteas wen, is hier nogal min kommentaar :) As hul egter verloor, is daar gewoonlik ‘n string kommentaar, natuurlik meeste negatief daarby.

Goeie reeks (die 2 wedstryde). Die 2de een maklik gewen (baie balle oor) terwyl die eerste wedstryd baie meer gelykop was as die tweede een.

Dis nou verby – nou vir die ware krieket – 5 dag. Dit ‘n perd van ander kleur. Gaan moeilik wees.

Klippies ·

Oor die jare het SA uitstekende krieketspelers opgelewer. Gary Kirsten, Barry Richards, Jacques Kallis, Graeme Pollock, Darryl Cullinan, Quinton de Kock, Lance Klusener, Mike Proctor, Stephen Jeffrey’s, Dale Steyn, Craig Matthews.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.