Proteas veg terug en maak dit een elk

Farhaan Behardien. (Foto: GB Jordaan)

Suid-Afrika se T20-krieketspan het Woensdagaand op SuperSport-park in Centurion gewys hy kan terugveg toe hy die tweede T20-wedstryd teen Indië gewen het.

Indië het eerste gekolf en 188/4 in sy 20 boulbeurte aangeteken. Die grootste vennootskap van die dag is deur M.K. Pandey en M.S. Dhoni vir Indië aangeteken. Hulle het onderskeidelik 79 en 52 aangeteken.

Die Proteas se mees senior bouler in die span, Chris Morris, het soos ʼn koning begin en soos ʼn nuweling geëindig. Morris het in sy eerste boulbeurt geen lopies afgestaan nie, maar daarna is hy vermorsel toe hy 42 lopies in drie beurte afgestaan het teen ʼn gemiddeld van 14 lopies per boulbeurt. Paterson en Shamsi het ook meer as 12 lopies per boulbeurt afgestaan.

Die Proteas se kolwers het egter goed teruggeveg en geantwoord met 189/4 (18.4 bb).

Heinrich Klaasen het 69 van net 30 balle gemoker en die Proteas op die voorvoet geplaas. David Miller het weer met die kolf misluk en net 5 lopies aangeteken. J.P. Duminy het ʼn kapteinsbeurt gespeel en die wedstryd met twee agtereenvolgende sesse beklink. Duminy se bydrae was 64 van net 40 balle.

Die T20-reeks se telling is nou 1-elk met die derde en laaste wedstryd wat Saterdag om 18:00 in Kaapstad gespeel word.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.