Proteas veg voort op Nuweland

Pieter Malan het ’n puik vegtersbeurt gespeel. (AP Photo/Halden Krog)

Nog ’n minimum van 30 boulbeurte. Dít is wat die Protea-kolwers moet trotseer indien hulle die tweede toets op Nuweland teen Engeland wil red.

Die Proteas staan tans op 225/5, nog 213 lopies weg van ’n oorwinning.

Maar jy kan drome van ’n Protea-oorwinning op jou maag skryf, tans gaan dit om oorlewing en om die toets te red. Indien hulle dít vermag, sal dit net nog ’n pluimpie vir Mark Boucher en sy nuwe Protea-span wees.

Hoewel Faf du Plessis (19 lopies van 57 balle) ’n breinfloute gehad het toe hy vir Dominic Bess hard na Joe Denly op regby geslaan het. Aanvallende spel was dalk nie heeltemal in dié stadium van die geveg nodig nie.

Tog het Pieter Malan vir die res van die kolwers gewys hoe dit gedoen moet word: Sy 84 lopies het 288 balle opgevreet en die wind effens uit die Engelse se seile gehaal.

Die 30-toetsdebutant was in sak en as toe Jos Buttler hom uiteindelik van Sam Curran se boulwerk uitgevang het.

Rassie van der Dussen (17 van 105 balle) en Quinton de Kock (38 van 91 balle) is tans voor die paaltjies.

Hoewel die Engelse nog die gunsteling is om die toets te wen, het die Suid-Afrikaners gewys dat hulle gereed is om te veg – hulle staan al immers vir 115 boulbeurte voor die paaltjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ig ·

Wonder hoeveel is Faf betaal om te underperform, ek meen 1 en toe 19 vir n 5 dag toets vir iemand van sy kaliber ek Trust krieket niks, sê maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.