Proteas wag vir keurbaas voor toetskaptein gekies word

Mark Boucher. Foto: @OfficialCSA/Twitter

Tussendeur al Krieket Suid-Afrika se administratiewe drama, kan ʼn mens verskoon word as jy van die feit vergeet dat die Proteas nog nie ’n toetskaptein het nie.

Sedert Faf du Plessis in Februarie die leisels as Protea-kaptein neergelê het, het Quinton de Kock sy skoene in die witbal-krieketarena met redelike sukses volgestaan. Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket, het egter sedertdien aangedui dat die 27-jarige paaltjiewagter nie die volgende toetskaptein sal wees nie.

Spelers soos Aiden Markram, Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, Dean Elgar en Keshav Maharaj is almal moontlike kandidate om die volgende toetskaptein te word.

Maar, sê die Protea-afrigter Mark Boucher, ’n keurderbaas moet eers aangestel word voordat die kaptein gekies kan word.

Daar word berig dat Victor Mpitsang, Hussein Manack en Patrick Moroney onder die kandidate tel om die rol as keurderbaas by Linda Zondi oor te neem.

Mpitsang, wat die Proteas in twee eendagwedstryde verteenwoordig het, is na verwagting die gunsteling.

“Ons het al baie oor die onderwerp gepraat en tyd gehad om daaroor te dink. Ons moet ongelukkig in hierdie stadium vir die aanstelling van die keurdersameroeper wag,” het Boucher gesê.

Aiden Markram en Quinton de Kock. Argieffoto.

Volgens Boucher geniet hy die wyse waarop Engeland sy kapteinskap-kwessie aanpak: Eion Morgan voer die Britte in hul T20- en eendagwedstryde aan, terwyl Joe Root weer in die toetsarena die septer swaai.

“Iemand soos Eoin het meer as genoeg tyd om die span se witbalstrategieë te beplan. Wanneer die toetswedstryde verby is en die span weer vir eendagkragmetings byeenkom, het hulle ’n duidelike plan om die reekse aan te pak.”

Die voormalige Protea-hardebaard is tevrede met De Kock se vertoning as kaptein – die Proteas het onder sy leiding skoonskip in hul laaste eendagreeks teen Australië gemaak – maar maan terselfdertyd ook dat die paaltjiewagter dalk te veel hooi op sy vurk het.

“Wie ook al as toetskaptein gekies word, sal Quinny se kennis as paaltjiewagter waardeer; ʼn mens kan die spel die beste van agter die paaltjies dophou. Ek is seker hy sal baie waarde tot die toetsspan voeg deur net Quinton de Kock te wees.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vrijburger

Wat is die werklike rede dat Quinton de Kock nie kaptein is nie? Nie die knie gebuig nie?

RietMuskiet

Tot tot siens SA krieket, tot tot siens SA krieket

AJ

KROEKET SA word nou gestroop van al die bates.

Die ‘people’ is erg ‘hangry’ (= hungry + angry).

Andre

Stel nie belang nie.Sport in SA se dae is verby en gekelder.Kies en maak soos julle wil.Ons ondersteun eerder die kat boomklim span.hulle sal meer etiese waardes hê en meer respek afdwing.

Johan

Ek is nou moeg vir al die BEE snert. Alles is nou afgewater en derdeklas agv strugglers en agterblyers wat orals omhels en gehelp moet word omdat hulle swart is. Nou sit ons met patetiese staats instellings en nasionale sport spanne. Ek dink ek gaan maar vir my n ander sport kry om te kyk waar die kleur van jou vel nie vir jou n plekkie in die son waarborg nie, maar net jou talent en harde werk sorg dat jy daar is omdat jy n presteerder is.