Proteas wen reeks getooi in swart

Foto: Twitter.

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan was gister in swart vir hul wedstryd teen Pakistan in Durban getooi. Die Black Day-inisiatief is van stapel gestuur om op ’n sigbare wyse protes teen geslagsgebaseerde geweld aan te teken.

Faf du Plessis het ook die inisiatief vanuit Asië ondersteun waar die Protea-manspan vir die eerste toets teen Pakistan voorberei.

“Dit is baie belangrik dat ons mense bewus maak van die kwessie. Hoe meer jy daaroor praat, hoe meer geskok is jy oor wat aangaan,” het Du Plessis gesê. Verskeie nuusblaaie het reeds vantevore aangedui dat Suid-Afrika een van die hoogste verkragtingsyfers ter wêreld het.

Op die speelveld het Marizanne Kapp se veelsydigheid egter gesorg dat die tuisspan die tweede kragmeting in die reeks met 13 lopies gewen het. Sodoende geniet die Proteas nou ’n voorsprong van 2 – 0 in die reeks van drie wedstryde nadat hulle in die eerste kragmeting met drie lopies baas was.

Die Suid-Afrikaners het eerste gekolf en Kapp se onoorwonne 68 het gesorg dat hulle 252/7 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken het.

Haar beurt het 11 grenshoue ingesluit en sy het gesorg dat die tuisspan 53 lopies van hul beurt se laaste vyf boulbeurte gemoker het.

Daarna het sy drie paaltjies geneem om die besoekers tot 239/8 te beperk.

“Dinge het vandag net reg uitgewerk. Oor die afgelope jaar het ek my kolfwerk meer ernstig begin opneem en ek wou myself meer geleenthede aan die einde van die beurt gegee het,” het Kapp gesê.

Die laaste wedstryd van die eendagreeks word Dinsdag ook in Durban beslis, waarna drie T20-wedstryde in dieselfde stad gespeel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

david ·

Die keuse van swart klere was na my mening ‘n swak besluit. Op die tv skerm het die spelers na swart silhoette gelyk, of na bewegende skaduwees.
Hulle kon seker ‘n ander kleur gekies het ….!
Dan. die SA boulwerk—-soos ons in my krieketdae dit sou beskyf as “right arm optimistics..”!

Die draaibal bouler..Mlambo ..? is ‘n linkerhander wat haar hele skof OM die paaltjies geboul het–wat van OOR die paaltjies..? Dit verander die rigting en vlug van die bal, immers laat dit die kolwer raai..
Dieselfde geld vir die res van die boul aanval…bitter min variasie..!
Ons kolfwerk het goed gelyk…maar teen wie ?
Daar wag groot werk voor hulle die Aussies, Engelse en Indiers pak,,,,en moenie vergeet van die Kiwis nie…

Anton ·

Ek wou graag kyk maar moes bossies uit trek. Gelukkig het my buurman toe ook wanneer ek klaar was ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.