Rabada, Markram is SA se voorste toetsspelers

Kagiso Rabada. Foto: ANA.

Die skerpste pyl in die Proteas se boulkoker, Kagiso Rabada, is volgens die jongste kolf- en boulranglyste die tweede voorste toetsbouler ter wêreld.

Hoewel Rabada en sy Protea-spanmaats laas in Februarie toetskrieket gespeel het – toe Sri Lanka die eerste span in Asië geword het om ’n reeks in Suid-Afrika te wen – sorg sy syfers steeds vir indrukwekkende leesstof.

Die 24-jarige sneltrein het tot dusver in 37 toetse 177 paaltjies laat kantel teen ’n top-gemiddeld van 21.77. Sy 851 ranglyspunte is egter 63 minder as dié van Australië se Pat Cummins – wêreldkrieket se voorste toetsbouler.

Vernon Philander is vierde op die lys met sy 813 punte, terwyl Nieu-Seeland se Neil Wagner – wat sy skoolkrieket in Pretoria gespeel het – die sesde beste bouler is.

Dan is drie Suid-Afrikaners – Aiden Markram (sesde), Quinton de Kock (sewende) en Faf du Plessis (tiende) onder die tien voorste kolwers in toetskrieket.

Hashim Amla het sy internasionale loopbaan in die 16de plek afgesluit.

Op die spanpunteleer beklee Suid-Afrika die derde plek met 108 punte. Indië – die span teen wie die Proteas volgende maand kragte meet – is die beste span ter wêreld.

  • Die tien top-kolwers:
  1. Virat Kohli (Indië) 922 punte
  2. Steve Smith (Australië) 913 punte
  3. Kane Williamson (Nieu-Seeland) 887 punte
  4. Cheteshwar Pujara (Indië) 881 punte
  5. Henry Nicholls (Nieu-Seeland) 770 punte
  6. Aiden Markram (Suid-Afrika) 719 punte
  7. Quinton de Kock (Suid-Afrika) 718 punte
  8. FDM Karunaratne (Sri Lanka) 716 punte
  9. Joe Root (Engeland) 710 punte
  10. Faf du Plessis (Suid-Afrika) 702 punte
  • Die tien top-boulers:
  1. Pat Cummins (Australië) 914 punte
  2. Kagiso Rabada (Suid-Afrika) 851 punte
  3. James Anderson (Engeland) 823 punte
  4. Vernon Philander (Suid-Afrika) 813 punte
  5. Ravindra Jadeja (Indië) 794 punte
  6. Neil Wagner (Nieu-Seeland) 793 punte
  7. Trent Boult (Nieu-Seeland) 785 punte
  8. Jason Holder (Wes-Indië) 770 punte
  9. Mohammad Abbas (Pakistan) 770 punte
  10. Ashwin (Indië) 763 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

J ·

Die punte stelsel bevoordeel die ou Proteas vreeslik, as hulle meer toetse speel, gaan ons outjies maar sukkel om in die top 10 te bly.

Nico K ·

Nee wat ek dink nie ons speel minder toetse as die ander lande nie. Drie onder die top10 kolwers en 2 onder die top 10 boulers is nie sleg nie.

Root ·

@Nico K – Ons speel heelwat minder toetse. Die toets reeks. SA -14. BANG – 14. ENG -22 AUS – 19 , NZ -14, IND – 18, PAK – 13, WI – 15.

Karin ·

@Nico, Saffas het 18/19 seisoen baie minder toetse gejol, Saffas is die enigste span wat laas in FEB toetse gejol het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.