Rabada se dag, al beklink Proteas die reeks verspot-maklik

Nog een! Kagiso Rabada se spanmaats wens hom geluk met nog ‘n paaltjie

Suid-Afrika het toe Sondag, binne drie dae se krieket, die toetsreeks teen Bangladesj in Bloemfontein beklink toe hulle die tweede toets ook met ʼn beurt gewen het op ʼn dag wat vir Kagiso Rabada spesiaal was.

Die Proteas het met ʼn beurt en 254 lopies gewen nadat hulle in die eerste toets met 333 lopies baas was.

Die wedstryd het slegs 205 boulbeurte geduur en Bangladesj is in hulle twee kolfbeurte eers in 42.5 beurte uitgehaal met die tweede kolfbeurt wat ʼn bal minder geduur het.

Bangladesj het Sondag op sewe sonder verlies kom kolf, hulle eerste vier paaltjies voor etenstyd vir 92 lopies verloor en toe deur ʼn vennootskap van 43 lopies tussen Liton Das (18) en Mahmudullah (43) tot 135/5 voortgeveg.

Hulle laaste twee kolwers het deur blote geluk van 156/9 tot 172 voortgekolf totdat Andile Phehlukwayo sy derde toetspaaltjie in ʼn skof van 9.4 beurte vir 36 lopies geneem het.

♦ Rabada, wat twee van die eerste vier paaltjies geneem het, het op 139/5 vir Mahmudullah na ʼn skitterende vangskoot van Dean Elgar laat stap; daarna vir Tajul Islam en Rubel Hosain skoongeboul; en die tweede keer in die wedstryd vyf paaltjies in ʼn beurt geneem (2/30) en daarmee ook die derde keer in ʼn toets tien laat kantel (10/63).

Boonop het Rabada in hierdie kolfbeurt op 22-jarige ouderdom sy 100ste toetspaaltjie geneem en staan hy nou boaan die lys van toetspaaltjies vir 2017.

Vir volledige statistiek en die telkaart, klip op die skakel http://www.espncricinfo.com/series/10904/scorecard/1075503/South-Africa-vs-Bangladesh-2nd-Test-bangladesh-in-south-africa-test-series

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.