Rabada verbeter rekord met 200ste toetspaaltjie

Kagiso Rabada. Foto: Punit Paranjpe/AFP.

Toe die 25-jarige Kagiso Rabada vir Hasan Ali in Karatsji skoongeboul het, het hy sy 200ste toetspaaltjie vir Suid-Afrika geneem.

Hy het dié mylpaal in sy 44ste toets vir die Proteas bereik. Net Dale Steyn (39) en Allan Donald (42) het die kolwers in ’n vinniger tempo terug na die kleedkamers gestuur.

Maar Rabada het egter ’n rekord verbeter.

Sy treftempo van 40,8 aflewerings per paaltjie is die beste onder al die boulers in wêreldkrieket wat 200 paaltjies geneem het.

Steyn (42,3) en Pakistan se Waqar Younis (43,4) is onderskeidelik tweede en derde op die lys.

In sy jong toetsloopbaan het Rabada reeds nege keer vyf paaltjies in ’n beurt geneem, terwyl hy vier keer tien of meer paaltjies in ’n toets geneem het.

Daarbenewens was hy een van die voorste boulers in die afgelope Indiese Premierliga. Hy is ongetwyfeld die skerpste pyl waaroor Quinton de Kock tans in sy boulaanvalkoker beskik.

  • Vinnigste om 200 toetspaaltjies vir Suid-Afrika te neem:
  1. Dale Steyn 39 toetse
  2. Allan Donald 42 toetse
  3. Kagiso Rabada 44 toetse
  4. Shaun Pollock 49 toetse
  5. Vernon Philander 54 toetse
  6. Makhaya Ntini 55 toetse
  • Minste aflewerings om 200 toetspaaltjies te neem (wêreldwyd):
  1. Waqar Younis (Pakistan) 7 730 balle
  2. Dale Steyn (Suid-Afrika) 7 848 balle
  3. Kagiso Rabada (Suid-Afrika) 8 154 balle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Piet ·

Die kwotastelsel werk. Kyk nou net watter diamant het dit opgelewer.

Andrew ·

Rabada het skool gegaan by St Stithians, die kwotastelsel is juis n klap in die man se gesig. The ANC/grondwet bepaal dat daar so n stelsel moet wees so wat moet spelers gekies word onder so stelsel nou anders verwys word?

Piet ·

Die punt is dat gedurende apartheid hierdie diamant nie gekies sou word nie ongeag hoe goed hy was nie (hy sou waarskynlik ook nie toegelaat gewees het by St. Stithians nie). Dis ook duidelik dat al die swart spelers in die span op meriete daar is, daar is nie beter nie (net soos by die Bok-span). In die begin van die kwotastelsel was daar dalk gevalle waar spelers nie heeltemal op standaard was nie maar daai tyd is verby.

MakersMark ·

Net soos die bok span?…..baie minder knie buiger verloorders as proteas behalwe vir nr 6 flank wat ten spyte dat hy nie daar hoort nie en nogal kaptein is, vir almal vertel hoekom blm en hoe swaar dit is. Asseblief tog die grootste blm profete is die rykstes maar ook die mees oorskatte. Nog nooit ‘n speler van kleur in ‘n klub se derde span sien kniebuig nie hulle speel net.

MakersMark ·

Al hoe dit werk is om die proteas op hul knieë te hou. Dan choke hul makliker…..kyk nou net daai kolfvertoning.

Dubbelloop ·

Kwota of nie. Die proteas is pateties, blm en al. Ek kyk lankal nie meer krieket nie, ek sien net die uitslag. Hulle is pateties, die hele floppen spul, bestuur afrigters, speldrs swart, wit, ja, almal. Skande vir SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.