Reën speel ʼn rol in Protea-stryd

Kagiso Rabada. (Foto: Aamir Qureshi/AFP.)

Die aanvang van die Wêreldbeker-wedstryd tussen Suid-Afrika en Nederland in Dharamsala, Indië, word deur reënweer vertraag.

Temba Bavuma het wel die reeds die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die Protea-kaptein het vir Marco Jansen, Kagiso Rabada, Lungi Ngidi en Gerald Coetzee tot sy beskikking.

In bewolkte toestande kan die Protea-snelbattery bitter gevaarlik wees.

Dieselfde groep kolwers sal egter weer hul spiere in die wedstryd wil bult – as die weer dit natuurlik toelaat, bygesê.

Quinton de Kock sal die kolfwerk saam met Bavuma open, terwyl Rassie van der Dussen, Aiden Markram, Heinrich Klaasen en David Miller vir ʼn gedugte grensslaangroep sorg.

Die wedstryd is intussen na 43 boulbeurte per span verkort.

  • Spanne:

Suid-Afrika: Quinton de Kock, Temba Bavuma (kaptein), Rassie van der Dussen, Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Marco Jansen, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj, Gerald Coetzee en Lungi Ngidi.

Nederland: Vikramjit Singh, Max O’Dowd, Colin Ackermann, Bas de Leede, Teja Nidamanuru, Scott Edwards (kaptein), Sybrand Engelbrecht, Roelof van der Merwe, Logan van Beek, Aryan Dutt en Paul van Meekeren.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

En daar laat ons boulers weer in die steek.
Haal uit daai wat nie lyn en rigting kan hou nie. 32 ekstras

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.