Ridder Rassie ook ’n held in Vancouver

Rassie van der Dussen. Foto: Facebook.

Rassie van der Dussen, die 29-jarige Lions-kolwer, wat eintlik AB de Villiers se plek in die Protea-kolflys ingeneem het, is besig om amok in die Kanadese Global T20-reeks te maak.

Van der Dussen, wat vir die Vancouver Knights speel, se goeie spelpeil by die Wêreldbeker-kriekettoernooi duur voort en hy slaan sy lopies teen ’n spogtreftempo van 181.81.

Hy het saam met ’n begeesterde Chris Gayle (122*) die Knights in staat gestel om ’n allemintige 276 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aan te teken.

Hy is die voorste Suid-Afrikaanse kolwer in die reeks en sy toetsbuiging kan ook nie té ver in die toekoms wees nie.

Die voorste Suid-Afrikaanse kolwers in Kanada:

  • Rassie van der Dussen (Vancouver Knights): Drie wedstryde, 160 lopies met ’n hoogste telling van 65*. Sy gemiddeld is 80.00 en word teen ’n treftempo van 181.81 geslaan.
  • JP Duminy (Winnipeg Hawks): Drie wedstryde, 110 lopies met ’n hoogste telling van 77*. Sy gemiddeld is 55.00 en word teen ’n treftempo van 192.98 geslaan.
  • Heinrich Klaasen (Toronto Nationals): Drie wedstryde, 101 lopies met ’n hoogste telling van 45. Sy gemiddeld is 33.66 en sy lopies word teen ’n treftempo van 146.37 geslaan.
  • Faf du Plessis (Edmonton Royals): Twee wedstryde, 49 lopies met ’n hoogste telling van 28. Sy gemiddeld is 24.50 en sy lopies word teen ’n treftempo van 163.33 geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J ·

Dan verloor ons weer toetse en games, dan blameer Faf die toernooi dalk.

Valerie ·

Overkill. Genoeg gehad van krieket vir die volgende 10 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.