Root slaan honderdtal onder Kallis-toesig

Jacques Kallis. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Engeland pluk reeds die vrugte van hul besluit om Jacques Kallis as hul tydelike kolfwerk-konsultant vir hul toetsreeks teen Sri Lanka nader te trek.

Nadat die Engelsmanne se boulers Sri Lanka vir 135 lopies in Galle uitgehaal het, het Joe Root se honderdtal gesorg dat die besoekers reeds 211/3 in hul eerste beurt het.

Die 23-jarige Dan Lawrence wat vantevore sy bewondering en waardering vir Kallis uitgespreek het, het ’n vyftigtal in sy eerste toets geslaan.

Kallis was in ’n soortgelyke hoedanigheid deel van die Protea-opset toe die Engelsmanne laat in 2019 na Suid-Afrika getoer het.

Sy diens is egter sedertdien nie weer deur die Proteas benodig nie en in die huidige administratiewe warboel waarin Krieket Suid-Afrika (KSA) hom bevind, is die tydelike Engeland-pos waarskynlik ’n slim skuif.

Kallis het voor die aanvang van die Galle-toets gesê dat dit hartseer is dat hy nie sy ervaring kan gebruik om Suid-Afrikaanse kolwers van hulp te wees nie, maar dat hy sy tyd saam met Engeland baie geniet.

Joe Root. Foto: Lakruwan Wanniarachi/AFP.

Volgens The Guardian het KSA se beplande regstellendeaksiebeleid, wat inhou dat slegs swart konsultante aangestel moet word, ook ’n invloed op Kallis se korttermynbesluit gehad.

“Ek is nie toegelaat om betrokke te wees nie aangesien KSA gesê het daar mag nie meer wit konsultante saam met die span werk nie,” het Kallis volgens die dagblad gesê.

Intussen het Mark Boucher, die Proteas se hoofafrigter en een van Kallis se boesemvriende, die hoop uitgespreek dat die Suid-Afrikaanse legende in die toekoms weer deel van die Protea-opset sal word.

Volgens Boucher het Kallis op ’n indiwiduele basis saam met kolwers soos Temba Bavuma gewerk.

“’n Mens kry soms ongelukkig boodskappe wat sê dat jy nie iemand vir ’n sekere rol kan kies waarvoor jy hom dalk wil gebruik nie. Ja, Jacques is een van my vriende, maar hy is ook ’n uitstekende krieketspeler wat baie waarde tot die span kan voeg. Waarom sal ons hom dan nie deel van die opset wil hê nie?” het Boucher gesê.

“Hy is op my radar en ek hoop ons sal hom goed behandel. Hy het gewys dat daar baie ander geleenthede vir hom in wêreldkrieket is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Philip

Die vereiste is dat hy homself eers moet verkleineer en dan daarna op sy kniee staan en n swartmag gebalde vuis gee wat op die media vertoon kan word wereldwyd.

Andre

Solank die gegriewes tevrede gestel word kan sport besluite in hulle se peetjie gaan. Krieket is’n snaakse sport maar ek sal nie verbaas wees as SA sleg op hul herrie gaan kry weens politieke inmenging en dit het weer veroorsaak dat die gehalte van lokale krieket so gedaal het. My raad aan JK is dat hy nie’n sinkende skip bestyg nie

Die Wolf

Kallis is baie beter af met geleenthede buite SA. Boucher moet sy kop laat lees om nie ander weivelde te soek nie. Nie meer lank nie dan is hy ook uit. Word net gebruik.