Ses, ses en uit

Chris Gayle is vir 15 lopies uitgehaal. Foto: Indranil Mukherjee/AFP.

Chris Gayle het dalk vandag sy laaste ses vir die Wes-Indiese Eilande geslaan.

Die 42-jarige openingskolwer, met sy kenmerkende rastalokke wat onder sy helm uitsteek, het twee reuse-sesse teen Australië geslaan, voordat Pat Cummins hom skoongeboul het.

’n Duidelik teleurgestelde Gayle het sy kop agteroor gegooi en van die veld gestap. Net vóór hy oor die grenstou getrap het, het hy met sy kolf die toeskouers gegroet.

Gayle het in sy T20-loopbaan 14 321 lopies teen ’n gemiddeld van 36,44 en ’n ongelooflike treftempo van 145,4 geslaan.

’n Mens vergeet egter ook dat hy ’n baie goeie toetskrieketspeler was – ’n gemiddeld van 42,18 en ’n hoogste telling van 333 is beslis nie te versmaai nie.

Die Windies kan nie meer vir die halfeindstryd van die T20-Wêreldbeker kwalifiseer nie, maar hulle kan die Proteas ’n groot guns bewys as hulle vandag met die Aussies afreken.

Gayle se paaltjie het egter vir ’n mini-ineenstorting gesorg: Nicholas Pooran en Roston Chase het kort daarna ook hul paaltjies verloor.

Die Windies het ná nege boulbeurte 65/3 op die telbord gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.