Sesse moet reën by Mzansi-liga 2.0

Reeza Hendricks was vroeër een van Mzansi se beste kolwers. Foto: Facebook.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het ’n lys van meer as 250 internasionale spelers, T20-spesialiste en Kolpak-spelers gekry wat hulself vir die Mzansi Superliga (MSL) 2.0 beskikbaar gestel het.

Die tweede weergawe van dié internasionale toernooi sal in November begin met die speler-veiling wat binnekort sal plaasvind.

“Dié is die bevestiging dat die MSL nou gevestig is as ’n globale handelsmerk en sy regmatige plek langs ander internasionale T20-toernooi kan inneem,” het Thabang Moroe van KSA gesê.

Volgens Moroe het van die wêreld se voorste krieketspelers aansoek gedoen om deel van die aksie te wees.

“Hierby kan ons die Standard Bank Proteas – huidige spelers, sowel as die wat reeds afgetree het – voeg om die reeks meer aansien te gee.”

Dit is die grootste T20-reeks wat Suid-Afrika nog aangebied het sedert hulle gasheer vir die IKR T20-wêreldbeker in 2007 gespeel het.

“Ons sien uit om nog ’n hoogtepunt by ons reeds opwindende internasionale seisoen te voeg. Australië en Engeland toer juis reeds na Suid-Afrika en ons kan nie wag vir die aksiebelaaide 2019/2020-somer om te begin nie.”

  • AB de Villiers, wat in die eerste seisoen vir Tshwane Spartans gespeel het, se naam is egter nie onder die spelers wat reeds hul deelname vir dieselfde span bevestig het nie. De Villiers het onlangs 88* van 35 balle vir Middlesex in die Britse Vitality Blast-reeks geslaan.
  • Hy het egter vroeër op Twitter gesê dat hy nou aan verskeie T20-toernooie in Suid-Afrika en regoor die wêreld sal speel. Hy sal dus waarskynlik deel van die speler-veiling wees.
  • Die volgende spelers het reeds bevestig dat hulle vir dieselfde span sal speel:

Cape Town Blitz: Asif Ali, Janneman Malan, Anrich Nortje, Dale Steyn.

Durban Heat: Kyle Abbott, Sarel Erwee, Keshav Maharaj, David Miller, Khaya Zondo.

Jozi Stars: Dan Christian, Reeza Hendricks, Duanne Olivier, Sinethemba Qeshile, Ryan Rickelton, Rassie van der Dussen.

Nelson Mandela Bay Giants: Junior Dala, Heino Kuhn, Marco Marais, Chris Morris, Jon-Jon Smuts.

Paarl Rocks: Henry Davids, Cameron Delport, Bjorn Fortuin, Aiden Markram, Mangaliso Mosehle, Tabraiz Shamsi.

Tshwane Spartans: Theunis de Bruyn, Tony de Zorzi, Lungi Ngidi, Lutho Sipamla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre Coetzee ·

Kan KSA enige iets aanbied sonder om erens geld in die gatsak in te druk..? Ek vertrou die klompie nie met 1c nie.Thabang ek sal nie my asem ophou nie.

kolla ·

Ek sien nogal uit hierna. Het dit verlede jaar geniet, die standaard was toe al baie goed gewees en diamante soos Nortje is ontdek. Dis bitter jammer dat die outjie beseer is en nie wereldbeker toe kon gaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.