Shamsi nou wêreld se voorste T20-draaier

Tabraiz Shamsi vier’n paaltjie. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Die Proteas mag dalk die sesde beste T20-krieketspan op die internasionale verhoog wees, maar Tabraiz Shamsi swaai tans die septer as die voorste bouler in die mik-en-moker-formaat van die spel.

Die 31-jarige draaibalbouler het goed in die afgelope reeks teen Pakistan gevaar en hy het sy beste boulsyfers van 4/25 in die laaste wedstryd van die reeks geneem.

Shamsi is bekend vir die eksentrieke wyse waarop hy sy paaltjies vier en hy het onlangs ook amok in die plaaslike vierdagreeks gemaak toe hy 8/32 vir die Titans geneem het.

Andile Phehlukwayo, wat in die Pakistan-reeks maar kwaai gesukkel het, is 22ste op die lys en Dwaine Pretorius beklee die 53ste plek.

Dawid Malan, oudleerling van Paarl Boys’ High, is steeds die wêreld se voorste T20-kolwer. Die Engelsman het 892 punte agter sy naam; 62 meer as Australië se Aaron Finch in die tweede plek.

Suid-Afrika se nuwe witbalkrieket-kaptein, Temba Bavuma, is 78ste in die wêreld.

  • Voorste T20-kolwers:
  1. Dawid Malan (Engeland)
  2. Aaron Finch (Australië)
  3. Babar Azam (Pakistan)
  4. Virat Kholi (Indië)
  5. Lokesh Rahul (Indië)
  6. Rassie van der Dussen (Suid-Afrika)
  7. Glenn Maxwell (Australië)
  8. Martin Guptill (Nieu-Seeland)
  9. Devon Conway (Nieu-Seeland)
  10. Hazratullah Zazai (Afganistan)

Ander Suid-Afrikaners: Quinton de Kock (17de), Reeza Hendricks (19de), David Miller (24ste), Faf du Plessis (29ste) en Temba Bavuma (78ste).

  • Voorste T20-boulers:
  1. Tabraiz Shamsi (Suid-Afrika)
  2. Rashid Khan (Afganistan)
  3. Ashton Agar (Australië)
  4. Adil Rashid (Engeland)
  5. Mujeeb Ur Rahman (Afganistan)
  6. Adam Zampa (Australië)
  7. Mitchell Santner (Nieu-Seeland)
  8. Ish Sodhi (Nieu-Seeland)
  9. Tim Southee (Nieu-Seeland)
  10. Lakshan Sandakan (Sri Lanka)

Ander Suid-Afrikaners: Andile Phehlukwayo (22ste), Dwaine Pretorius (53ste), Lungi Ngidi (57ste), Kagiso Rabada (80ste) en Beuran Hendricks (90ste).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.