Smith bedank ná balpeutery-petalje

Ajinkya Rahane (links) en Steve Smith (regs). Foto: ANA/Times of India

Steve Smith het bedank as kaptein van die Indiese Premierliga (IPL) Rajasthan Royals te midde van die storm wat rondom Australië se krieketspan woed ná Saterdag se balpeutery-petalje.

Dit kom nadat Smith geskors is vir die finale toets in die reeks van vier wedstryde teen Suid-Afrika. Die vierde toets begin Vrydag in Johannesburg.

Groot omstredenheid het Saterdag ontstaan toe TV-kameras Cameron Bancroft tydens die derde toets teen Suid-Afrika in Kaapstad uitgewys het waar hy klaarblyklik ʼn geel voorwerp gebruik om met die bal te peuter. Verskeie ondersoeke vind tans plaas en inligting word nagegaan om die omvang van die insident te bepaal.

Suid-Afrika het die derde toets met 322 lopies gewen nadat 10 paaltjies vir slegs 60 lopies in die Aussies se tweede beurt geval het.

Smith het later tydens ʼn mediakonferensie erken dat die span se leierskap opdrag gegee het dat daar met die bal gepeuter word. Smith is gevolglik deur die Internasionale Krieketraad (IKR) skuldig bevind aan balpeutery en vir een toets geskors en verloor sy wedstrydfooi.

“Rajasthan Royals sal alles moontlik doen om die waardes en integriteit van die spel te beskerm,” het Manoj Badale, mede-eienaar van die Rajasthan Royals gesê.

“Ons stem saam met Steve se besluit om uit te tree as kaptein. Ons is dankbaar dat ons so ʼn bekwame opvolger soos Ajinkya Rahane het. Dit is belangrik dat alle krieketondersteuners ʼn gebalanseerde siening van die situasie behou. Wat in Suid-Afrika gebeur het, was duidelik verkeerd, veral gegewe dat dit klaarblyklik beplan was. Dit is egter ʼn moeilike tyd vir Steve ook, gegewe hoe baie hy omgee vir die spel.”

Zubin Bharucha, die hoof van krieket by Rajasthan Royals, het gesê die voorval het duidelik die krieketwêreld geruk. “Ons is deurlopend in kontak met die Indiese Krieketraad (BCCI). Ons was ook gereeld in kontak met Steve.”

Volgens ʼn verklaring glo Steve dit is “in die beste belang van die Rajasthan Royals dat hy uittree as kaptein sodat die span kan voorberei vir die IPL sonder die voortslepende afleiding”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos1 ·

Weet iemand of krieketspelers vir Steriöides getoets word?
As spelers en of kapteine bereid is om met balle, die spel te probeer beinvloed, is verbode middels seker nie te ver gesog nie?

Andre ·

Bedoel jy nie miskien IK toets nie? Die hele besigheid, van die begin tot nou (met al die oop en bloot liegery tussen in), klink vir my bra dom!

Izak ·

As dit n Suid Afrikaner was ,was hy onmiddelik lewenslank geskors. Kyk hoe stief was Hansie Cronje behandel en die Aussies het daai tyd net n boete gekry. As jy so skelm is moet jy tronk toe gaan daar voor of lewenslank geskors word.

Joey ·

Ag Izak, asseblief. Soos Faf 2 keer gevang is, en toe daarna kaptein gemaak is? of Philander wat nou nog jol? Hansie se storie is bietjie baie anders as dié, soos daai helespan geskors was?? Gibbs, geskors lewenslank? nope.

Peet ·

SO streng soos wat die ICC teen De Kock, Rabada opgetree het vs Warner? of die lewenslank wat Faf(2xball tampering) en Philander gekry het?

nZander ·

ROFL, kyk maats. Izak is nou jou tiepiese Saffa! Moet altyd moan, as rugby verloor is dit die ref, as die worldcup verloor is dit die reen, as hy n skroef indraai is dit die skroef se skuld. Hou op om julself so te bejammer.

Joe Hall ·

Foeitog
Duidelik dat gewese kaptein Smittie en sy skelm Ossie pelle met hul skuurpapier trieks, al wat ‘n verloopte Suid Afrikaner uit die kas gedwing en ontbloot het as…arme verloopte Suid Afrikaners.
Snik
:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.