Smith: ‘Ek is teleurgesteld’

Graeme Smith. Foto: AFP.

Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, Graeme Smith, is teleurgesteld in Australië se besluit om nie vir drie toetse na Suid-Afrika te toer nie.

Nick Hockley, Krieket Australië se tydelike uitvoerende hoof, het gister bevestig dat die Aussies besluit het om kop uit te trek en dat die onlangse tweede vlaag van Covid-19-gevalle in Suid-Afrika die raad se besluit beïnvloed het.

“Dit is duidelik dat om tans van Australië na Suid-Afrika te reis ongetwyfeld gesondheid- en veiligheidsrisiko’s vir ons spelers, ondersteuningspersoneel en gemeenskap inhou,” het Hockley gesê.

Op sy beurt het Smith nie doekies omgedraai nie.

“Ons is ongelooflik teleurgesteld in Krieket Australië se besluit. KSA het onverpoos gewerk om aan elke versoek van die besoekers te voldoen,” het Smith gesê.

Die Aussies sou eksklusiewe gebruik van die Irene Buiteklub in Pretoria geniet het en daar was selfs planne om ’n gimnasium op die perseel in te rig.

“Dit sou ons langste toer nóg in ’n bio-veilige omgewing gewees het en die Australiërs sou later vandeesmaand in Suid-Afrika aangekom het. Om dus op die laaste nippertjie van hul besluit in kennis gestel word, is ongelooflik frustrerend.”

Volgens dr. Shuaib Manjra, KSA se mediese hoof, was verskeie voorsorgmaatreëls reeds getref.

“Ons het onder meer ingestem dat die Proteas hulle 14 dae vóór die aankoms van die Australiese span hulle in die bio-veilige omgewing sal tuis maak. Dit het natuurlik die bepalings van die toer na Pakistan deurmekaargekrap,” het Manjra gesê.

Die Proteas is tans in ’n toetsreeks teen Pakistan gewikkel en hulle het ’n jong en onervare groep spelers vir die daaropvolgende T20-reeks gekies. Kernspelers soos Quinton de Kock en Faf du Plessis sou dan na Suid-Afrika teruggekeer het om vir die toetse teen Australië voor te berei.

“Ons het ook tot twee afsonderlike bio-veilige omgewings ingestem. Daarbenewens het KSA ook op groot onkoste ’n Australiese opsporingstelsel aangekoop om persone op te spoor indien daar positiewe Covid-19-gevalle sou wees.”

KSA sal ook nou na raming ’n finansiële verlies van R40 miljoen ly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jax ·

Verstaan mense nie hoe infeksie werk nie? Waarom n toetsreeks reël as die hele wêreld gebuk gaan onder n lewensbedrygende pandemie?
Gesondheid kom bo enige iets anders in die lewe! Wat het KSA besiel om die toetsreeks te reel en sulke hoë onkostes aan te gaan? Besef hulle nie dat net die vliegrit na SA, alreeds n reuse gevaar inhou nie. Nee wat! Regtig KSA, dit was werklik n baie dom en baie duur besluit!

Therese ·

Smith se frustrasie is verstaanbaar.
Australië kon gerus vroeër die finale besluit neem.
SA se tweede Covid-vlaag is lank reeds in volle swang.

Sylvia ·

Hierdie optrede en berig wys maar net weer hoe eenogig dié sulkes is, die virus maak nie onderskeid nie, hoekom kostes aangaan, en nou wil tjank, kom by julle is nie “ontouchable” nie

Hennie ·

Die Proteas is nie belangrik genoeg om teen te speel nie….

Niklaas ·

Ek is eintlik verlig , want ons word nou nog ‘n stuiptrekkende kniel en vuisie in lig optrede van die BLM brigade gespaar , voor hul weer verloor op die veld. Dankie tog.

Andrew ·

Maar die Aus moet op n tuig klim en deur OR kom, dan op n bus of iets na daai club. Die mense wat aangestel is om te werk, inag geneem die relevante werks wette en taxi industrie wat vervoer covid wetgewing bepaal, dink ek dit is moontlik nie in hule beste belang om in SA te kom wandel vir n paar weke nie.

Anton ·

Australia het die toer gekanseleer toe hulle uitvind dat daar ‘n tekort aan skuurpapier in SA is ????

Die Wolf ·

Haai ou! Hulle bestuur van Covid gaan ons ver verby. Ek sal ook nie spelers blootstel aan onbevoegdheid nie. Hulle kniee is ook te stram om te buig.

marius ·

Wat verstaan hy nie van gesondheid is meer belangrik as ‘n paar sikkels nie ?

Johannes ·

Ek is net so teleurgestel in jou Graeme. Buig maar nog ‘n keer die knieë l.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.