Só lyk Protea-drag vir T20-Wêreldbeker

Andile Phehlukwayo. Foto: Twitter via IKR.

Die Proteas het hul amptelike drag vir die komende T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate bekend gestel.

Oudergewoonte sal die Suid-Afrikaners in óf geel óf groen speel. Volgens Krieket Suid-Afrika (KSA) is die kleredrag deur die helder kleure van die Suid-Afrikaanse vlag en die unieke kuns van die Ndebele-kultuur geïnspireer.

“Die drag bring hulde aan ons erfenis en diversiteit. Ons vier alles wat Suid-Afrikaans is terwyl ons die wêreld aanvat.”

Die Proteas speel Maandag teen Afghanistan in ’n opwarmingswedstryd, terwyl hulle volgende Saterdag hul eerste amptelike wedstryd teen Australië speel.

Mark Boucher se spanlede het hul laaste drie T20-reekse (teen die Wes-Indiese Eilande, Ierland en Sri Lanka) gewen, terwyl hulle ook sewe agtereenvolgende mik-en-moker-wedstryde gewen het.

  • Protea-groep vir die Wêreldbeker: Temba Bavuma (kaptein), Quinton de Kock, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, Aiden Markram, David Miller, Rassie van der Dussen, Wiaan Mulder, Dwaine Pretorius, Bjorn Fortuin, Keshav Maharaj, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Kagiso Rabada en Tabraiz Shamsi. Reserwes: George Linde, Andile Phehlukwayo en Lizaad Williams.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
AW

Het nie genoeg Tiekies om een te koop nie .

Jack

Nee wat hou maar.Ons ondersteun geen sport in die land meer nie.Ondersteun einge spam teen die wie SA speel.

N

Dalk vir hulle elk n mooi groen choker kry met n protea op vir om die nek.

Boer

Die knie buig chokers gaan in elk geval nie die eerste rondes maak nie.

Sas

…foto lyk na ‘n OMO advertensie….