Só vergelyk jongste WB-groep met dié van 2014

Temba Bavuma. Foto: Randy Brooks/AFP.

Suid-Afrika se T20-groep vir die komende T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate mag dalk sonder ’n klomp groot sterre wees, maar hulle speel as ’n eenheid saam; iets wat van hulle gedugte teenstanders kan maak.

Só het Temba Bavuma gesê toe die Proteas se Wêreldbeker-groep vandeesmaand bekend gemaak is.

Protea-sterre van ouds, soos AB de Villiers, Dale Steyn, Faf du Plessis, Chris Morris en Imran Tahir is almal om verskeie redes nie deel van die groep nie, terwyl die keurders in hul wysheid besluit het dat dit nie nodig is om vir Janneman Malan of George Linde deel van die elftal te maak nie.

Tog het die Proteas steeds drie agtereenvolgende T20-reekse gewen, waaronder een teen die Wes-Indiese Eilande – die verdedigende wêreldkampioenspan.

AB de Villiers op die voorvoet. (Foto: AFP Photo/Peter Parks)

Maar hoe vergelyk Bavuma se troepe met ’n Suid-Afrikaanse Wêreldbekergroep wat vir De Villiers, Steyn, et al. ingesluit het?

Een van die Proteas se beste vertonings by ’n internasionale mik-en-moker-skouspel was toe hulle in 2014 deur Indië in die halfeindstryd uitgeskakel is.

Ja, hulle het oudergewoonte toe ook sonder die silwerware huiswaarts gekeer, maar soms laat ’n paar name op papier ’n span net beter en sterker lyk.

Hier is hoe die twee spanne se statistiek teen mekaar opweeg. En omdat daar meer eersterangse T20-wedstryde as internasionale kragmetings gespeel word, word hierdie gemiddelde dan gebruik.

  • Proteas teen Indië (4 April 2014):

Quinton de Kock: 6 919 lopies teen ’n gemiddeld van 34,25 en ’n treftempo van 138,79.

Hashim Amla: 4 563 lopies teen ’n gemiddeld van 30,83 en ’n treftempo van 126,04.

Faf du Plessis (kaptein): 6 532 lopies teen ’n gemiddeld van 30,66 en ’n treftempo van 129,29.

JP Duminy: 6 397 lopies teen ’n gemiddeld van 37,19 en ’n treftempo van 122,66; 78 paaltjies teen ’n gemiddeld van 30,41.

AB de Villiers: 9 318 lopies teen ’n gemiddeld van 37,57 en ’n treftempo van 150,46.

David Miller: 7 609 lopies teen ’n gemiddeld van 35,06 en ’n treftempo van 138,32.

Albie Morkel: 4 248 lopies teen ’n gemiddeld van 26,38 en ’n treftempo van 138,59; 248 paaltjies teen ’n gemiddeld van 25,43.

Imran Tahir laat die paaltjies steeds spat. Foto: Saeed Khan/AFP.

Dale Steyn: 263 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22. Hy staan minder as sewe lopies per boulbeurt af.

Beuran Hendricks: 109 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22. Hy staan 8,43 lopies per boulbeurt af.

Imran Tahir: 420 paaltjies teen ’n gemiddeld van 19,79. Hy staan minder as sewe lopies per boulbeurt af.

Wayne Parnell: 217 paaltjies teen ’n gemiddeld van 26,09. Hy staan 7,88 lopies per boulbeurt af.

  • Proteas teen Sri Lanka (14 September 2021 – Quinton de Kock was ook deel van die span en hy word vir storiedoeleindes deur Temba Bavuma vervang):

Reeza Hendricks: 4 156 lopies teen ’n gemiddeld van 35,52 en ’n treftempo van 123,91.

Temba Bavuma: 2 137 lopies teen ’n gemiddeld van 30,97 en ’n treftempo van 126,22.

Aiden Markram: 1 450 lopies teen ’n gemiddeld van 31,52 en ’n treftempo van 127,97.

Rassie van der Dussen: 3 952 lopies teen ’n gemiddeld van 37,63 en ’n treftempo van 130,86.

Heinrich Klaasen: 1 788 lopies teen ’n gemiddeld van 27,09 en ’n treftempo van 138,39.

Tabraiz Shamsi vier’n paaltjie. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Dwaine Pretorius: 1 919 lopies teen ’n gemiddeld van 21,56 en ’n treftempo van 140,48; 98 paaltjies teen ’n gemiddeld van 27,35.

Wiaan Mulder: 515 lopies teen ’n gemiddeld van 25,75 en ’n treftempo van 127,47; 29 paaltjies teen ’n gemiddeld van 26,96.

Keshav Maharaj: 86 paaltjies teen ’n gemiddeld van 28,31. Hy staan minder as sewe lopies per boulbeurt af.

Kagiso Rabada: 165 paaltjies teen ’n gemiddeld van 21, 40. Hy staan 7,89 lopies per boulbeurt af.

Bjorn Fortuin: 94 paaltjies teen ’n gemiddeld van 19,12. Hy staan minder as sewe lopies per boulbeurt af.

Tabraiz Shamsi: 187 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,30. Hy staan 7,17 lopies per boulbeurt af.

Wat gemiddelde betref, is dinge amper dieselfde, maar Bavuma se groep kan ervaringsgewys glad nie met die span van 2014 kers vashou nie.

Daarbenewens kan bitter min internasionale kolwers ’n grenshou soos De Villiers slaan of ’n paaltjie soos Tahir vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.